- Mans is oor die algemeen dierbare goed en ek is BAIE lief vir die twee saam met my.
- Maar soms het ‘n vrou ‘n ander vrou se geselskap nodig. Dringend.
- White pudding is lekkerder as black pudding.
- En nie net omdat jy weet waarvan die swart variasie gemaak word nie.
- ‘n Koue stort as dit buite 9 grade is, is geen grap nie.
- Gelukkig werk die verhitting.
- Konstante reen bring meer voordele as dat dit die land groen maak.
- Dit bring o.a. minder fotogeleenthede.
- En daarom dae wat nie eers teen 22:00 tot ‘n einde kom nie.
- Die pub scene op ‘n reenerige Vrydagaand in Gleann Cholm Cille is dood.
- Amper morsdood. Behalwe vir die twee broers wat Iers met mekaar praat. En die nat hond.
- Die inheemse taal is veel lewendiger as wat ek gedink het.
- Ek vermoed die pub scene is op sy lewendigste waar dit vir toeriste aangewend word.
- Whiskey is net so sleg soos bier.
- Maar dis nie so BAIE nie.
- En dit gee jou darem ‘n warm fuzzy feeling op die krop van jou maag.
- Ek wonder hoekom hulle nie OBS hierrond drink nie.
- Die wilde landskappe hier in die noorde spreek my meer aan as die fuschia oorgroeide lanings van die suide.
- Die smal paaie van Ierland is regtig smal.
- Youth hostels is nie (meer) net vir die jeug nie.
- Ek is baie dankbaar die hoesende kleintjie hier oorkant is nie myne nie.
- Reis is ‘n voorreg.
- Om ‘n huis te he om na terug te gaan, is ‘n nog groter voorreg.
3. Ek hou van altwee. Black Pudding is veral lekker as jy baie honger is 🙂
5. Behoede my.
10. Kan dit goed glo.
12. Gaelic is pragtig! Dis hoekom die Iere se Engels se melodieus is, glo ek.
13. Lees Pete McCarthy se boek, “McCarthy’s Bar”. It’s a way of life.
14. No way!
18. Love it. Ek dink die Skotse Hooglande gaan jou gryp.
O, en oor no 1: Jy is baie gelukkig. Hierdie is ‘n trip of a lifetime. Geniet elke oomblik saam met twee van die drie mans in jou lewe.
Dankie vir jou gereelde inloer, Nadia!