Junie 2012: ‘n Afskeid en ‘n ontmoeting

  1. Natuurlik is dit die moeder des huises wat so graag nog wou blog voor ons ry, se skuld dat die kleine (maar broodnodige) adaptor toe in die muur agterbly. 
  2. Genadiglik is niemand gemeen genoeg om dit so te stel nie.
  3. Natuurlik ontdek ‘n mens dit eers die aand na 23:00 in die enigste werklik ongerieflike jeughostelkamer waar ons nog gebly het. 
  4. En soek tot middernag.
  5. Want die lys gadgets waarvoor daai adaptors (ja, daar was twee!) nodig is, is so lank soos my voorarm.
  6. En die individuele vlakke van verslawing indrukwekkend.
  7. Gee drie dwarstrekkers ‘n ligte krisis, en hulle vorm nogal gou-gou ‘n span.
  8. ‘n Paar insigte van weerskante en almal oorleef.
  9. Dalk is fb geprogrammeer om na tien dae skielik van jou te verwag om in te log en dan te weier net om jou van finansiele ondergang te red. (Lomp sin, ek weet!)
  10. Ek is seker as hy in die “ander skool” 🙂 was, was my kind se kaartleesvermoens nie so indrukwekkend nie! (Al die Gimmies – dis net ‘n grappie, hoor!)
  11. Om self jou weg te vind mbv kaarte en gesonde verstand, voel net heilsamer as die GPS.
  12. ‘n Mens moet hom seker net gewoond raak.
  13. Maar tot dusver mis ons hom nie.
  14. Of dalk is Skotland se paaie net makliker as Ierland s’n.
  15. Skotland is ook groen. 
  16. Maar nie so OORWELDIGEND groen nie.
  17. Hier groei papawers so groot dat hulle jou bang maak.
  18. Hier is minder skape.
  19. En minder klipmure.
  20. En klaarblykblik meer ruimte.
  21. Elke liewe Skot vir wie ons vandag iets moes vra (en daar was heelwat, agv die kabelkrisis) was die behulpsaamheid vanself.
  22. Maar ai, die aksent … Ons s’n is sekerlik vir hulle net so vreemd.
  23. Ons cholesterolvlakke behoort teen hierdie tyd iets afgrysliks te wees.
  24. Ek ek het gesweer ek sal nie die groot ontbyte in my lyf kry nie.
  25. More tref ons hopelik die wilder dele van die land.
  26. Ek dink ek het my tweede wind gekry.
  27. Of dalk was die kabelkrisis net welkome afwisseling. 😉
  28. Maar ek verlang steeds na ‘n meisiemaatjie.
  29. Dis nogal vreemd as die motor se alarm afgaan wanneer jy ‘n blokkie sjokolade in jou mond steek … 🙂

6 gedagtes oor “Junie 2012: ‘n Afskeid en ‘n ontmoeting

  1. O ek ry saam met jul! Beware…in Skotland le die skape in die pad, en Highland cattle loer vir jou onder hul kuiwe deur…dis onbespryflik pragtig in die wilder plekke. Ons het plekplek vir ure gery sonder ander verkeer.

  2. JHy sal moet soek vir ‘n skoondogter om die maatjie-probleem op te los !!!! Lekker kuier,ek glo jy tel,nevermaaind die slapies,die ure,minute & sekondes tot by Bruce …. geniet dit ook !!!

    1. Jy glo reg, Riana! (Die benoudheidsvlakke is ook aan die styg … 🙂 ) My maatjie het vandag ook by haar dogter aangekom, so dinge begin in plek val. En intussen hou die man die een oproerige show na die ander en toon geen uiterlike teken van moegraak nie (hulle is nou drie maande op die pad met so net onder drie shows van drie uur plus per week). En hy word Sept. 63. Ongelooflik. Neem aan hy het ‘n hele span dokters, ens. wat hom oppas! Hulle beter goeie werk doen!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s