- ‘n 23-jarige siek kind is nog net so ontstellend as ‘n driejarige.
- Hulle herstel ook dankie Vader tog net so vinnig.
- Roosterbrood en flat Coke bly ‘n treffer.
- ‘n Ierse ontbyt is waarskynlik bedoel vir boere wat bedags hard werk en energie verbruik.
- Dublin kan skielik in ‘n nag so draai dat ‘n mens die volgende oggend min kan vind van wat die vorige aand oral rondom jou was. 🙂
- Dis nie so maklik om aan ‘n GPS gewoond te raak as jy vir veertig jaar op jou verstand, jou sin vir rigting en jou kaartleesvermoens staatgemaak het nie.
- Op heelwat plekke is Ierland gerusstellend vuil.
- Op ‘n bank holiday wanneer die son skyn, bly nie ‘n enkele Ier tuis nie. Die wat nie roomys eet nie, jaag met hul fietse op die smal paadjies rond.
- Motors wat op hierdie paaie van voor af kom, lyk waarskynlik breer as wat hul is.
- Daar’s min mooier dinge as ‘n pad met bome wat toemaak bo-oor jou.
- Ek wonder of die skape sommer bo-oor die hedges stap wanneer die gras lank genoeg raak.
- ‘n Mens kan presies in ‘n sirkel ry sonder om weer in Dublin uit te kom. (Genadiglik!)
- Daar bestaan ‘n plek op aarde (behalwe Indie) waar daar ‘n graf vir ‘n koei is. En ‘n paar perde. (Powerscourt Gardens).
- ‘n Kasteel met steierwerk vir restourasie is nie ‘n kasteel in die ware sin van die woord nie.
- ‘n Ruine sonder enige teken van onderhoudspogings is die ware jakob. En sonder een enkele ander mens.
- Ek sou liewer deur die vyand vermoor word as om in een van hierdie ronde torings vasgekeer te sit.
- Verstommend dat ‘n mens so diep geraak kan word deur die ernstige siekte van jou jeugliefde van iets soos 35 jaar gelede. Veral hier waar die verlede so dik rondom jou hang.
- Ons gasvrou se verhale van gewelddadige aanvalle op oumense op die Ierse platteland was vreemd gerusstellend (if you know what I mean).
- ‘n Mens kry white pudding ook, nie net black pudding nie.
- Ek is nie lus vir opstaan nie!
Foto: Schalk Cloete
Oe Alta, ek GENIET hierdie klas terugvoer! So toer ek sommer in jou sak saam…
Dis lekker dat soveel mense saamtoer – en nog lekkerder om terugvoer te kry!
…en die white pudding is baie lekkerder!