- Dis goed om vroeg op ‘n lughawe te wees … vir onvoorsiene gebeure.
- Soos ‘n tas se rits wat skielik besluit genoeg is nou genoeg.
- Gelukkig is daar iets soos wrapping.
- As ‘n mens heel eerste die mislikste Ier in Dublin ontmoet, is die res almal ‘n geweldige verbetering.
- Veral die aantreklike Romeen wat die skreeupers tas aan my verkoop het (en nee, dit was nie my tas se rits nie).
- ‘n Mens kry hier ook Imodium (en nee, dis ook nie my maag nie).
- En toe is hier ‘n Grand Prix demonstration … en skares mense. Maar hierdie skares is vulletjies teen London s’n.
- Live Ierse tradisionele musiek is nie overrated nie.
- In ‘n pub moet jy nie heilig op jou persoonlike ruimte wees nie.
- Ook nie op die gesondheid van jou oordromme nie.
- The Brazen Head was waarskynlik vir my lekkerder as vir die arme siek kind wat eintlik wou gaan.
- Laataand slaan die tradisionele musiek blykbaar oor na gewone pop en rock en dit kon dalk ook ‘n toneel in Stellenbosch gewees het.
- Maar daar kan ‘n vrome moeder nie saamgaan kuierplekke toe nie.
- ‘n Mens leer baie gou hoe om jou skouer te gooi en deur ‘n skare te beur as dit moet.
- Die begrip somer is hier ietwat relatief.
- Dis steeds goed om stapfiks te wees.
Is dit nie vreemd hoe ons op vakansie gioeters doen en plekke gaan wat ons nie by die huis sou doen nie?!? Wat in ons maak dit?
Dit is ook wat wegbreek so besonders maak. En dalk maar net omdat daar nie eintlik bekendes is wat jou dophou nie.
Vreemde plekke laat ‘n mens weer jou eie vreemde plekke ontdek.
Well said!