Lekker gelees in 2012!

Lees met katLees bly steeds een van die heel grootste vreugdes in my lewe.

Onder andere ook omdat ek myself nou finaal oortuig het dis deel van my werk – dus hoef ek geen gewetenswroeging te hê oor die ure wat ek op my rug deurbring nie. 

En ja, ek lees net in een posisie: die lêposisie.

Ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Kan glad nie onthou nie.
Maar ek voel eenvoudig ongemaklik as ek probeer sit terwyl ek lees.

Vanjaar het ek nog meer as tevore op Afrikaans gekonsentreer.
Die sakke vol lekker boeke wat in Afrikaans verskyn, is ‘n vreugde vir elkeen wat die taal liefhet.

My absolute gunstelinge vir 2012 – in geen volgorde nie – elkeen is uniek:

In Engels het ek twee uiteenlopende skrywers ontdek wat my groot vreugde gee: Jojo Moyes en Jon Katz.

Moyes is ‘n liefdesverhaalskrywer; Katz skryf oor diere en veral oor sy honde, met klem op Rose, sy beroemde Border kollie. 

My gunstelinge van Moyes: You before me (seker die mees unieke liefdesverhaal wat ek nog gelees het), The girl you left behind en The horse dancer. 

Katz se werk is uiteenlopend van aard. Dancing Dogs bevat kortverhale wat minder vrolik is as wat die titel impliseer. ‘n Verskeidenheid karakters wat sukkel om kop bo water te hou in Amerika se ekonomiese ellende. Met altyd ‘n hond om dit beter te maak. Stories gewortel in die harde werklikheid, met ‘n goeie skoot romanse daarby. http://www.bedlamfarm.com/

Nuwe skrywer van die jaar: Estelle Ryan met die eerste Genevieve Lenard-boek, the Gauguin Connection.
Iemand om dop te hou!
Kyk by http://www.estelleryan.com/

My nuwejaarsvoorneme vir 2013: Om boek te hou van wat ek lees en oor ‘n jaar die volledige lysie hier te kan post.

12 gedagtes oor “Lekker gelees in 2012!

      1. Maar Alta, sou alle mense van alle aspekte van jóú of van my hou? Jou skryfwerk is tog wat vir die leser saakmaak?

      2. MaanKind: Simpel dat ‘n mens nie kan reply op ‘n reply nie …
        Nee, natuurlik sal ons almal nooit van alle aspekte van alle ander mense hou nie. Maar dis interessant – lesers is dikwels nie tevrede om net op ‘n skrywer se skryfwerk te konsentreer nie. Ek dink veral vrouens hou daarvan om meer van die persoon se persoonlike lewe ook te weet. Wel, dis seker hoekom skinderkolomme oor filmsterre, ens daar is – mense wil méér weet. Wat ‘n mens natuurlik weer by die onderswerp van sensasie bring …

  1. Dankie Alta ….. ons het lekker gelees aan jou skrywes van die jaar,sien uit na nog baaaaaie in die toekoms !!! (en sommer baie dankie ook vir die heerlike boekgeselsies wat ek met jou kan hê !!)

  2. O, ons sal n hond uit n bos uit kan kuier en gesels oor boeke! Ek het Jojo Moyes ook vanjaar ontdek. Gelees: The Ship of Brides en pas The Last Letter from Your Lover klaargelees. Albei was vir my baie goed. The Last Letter se plot is so goed uitgedink. Vroeer vanjaar het ek ook Me Before You gelees. Ek stem saam: dis uniek, roerend. ‘n Ongewone, treffende liefdesverhaal. Dis altyd nice om ‘n skrywer te ontdek en dan al haar/sy boeke geleidelik te leer ken. Vanjaar het ek 25 Kindle Romans gekoop en nog ander nie-fiksie boeke.

    Teen die einde van die jaar was my lus vir Afrikaanse boeke so groot dat ek by n 2dehandse boekwinkel gaan koop het: Eindelik te lees gekry en baie geniet: Marike se laaste dans van Deborah Steinmair, Elegie vir ‘n Onbekende van Margaret Bakkes, Plaasmoord van Karin Brynard. Ons het sulke uitstekende skrywers in Afrikaans.

    En dan het ek ook ‘n wonderlike liefdesverhaal gelees van Haruki Murakami: Norwegian Wood. Dis uit Japannees vertaal en hy het miljoene daarvan verkoop. Ken jy hom?

    Lekker lees, sonder ‘n skuldgevoel. Natuurlik is dit jou werk om ook te lees. 🙂

    1. Het gister Night Music van Moyes klaargemaak. Weer eens ‘n lieflike boek. En nou dink ek ek is deur haar hele lysie. 😦
      Nee, ek ken nie die Japannese skrywer nie – ek lees skandelik min van buite die gewone Engelse wêreld. Daar is eenvoudig te veel boeke en te min tyd!

  3. Hi Alta so bly om jou blog te ontdek Stem volkome saam, kan net op my rug le en lees. Het my lees vreeslik verwaarloos agv werk maar my nuwejaarsvoorneme is om baie meer te lees hierdie jaar en sal beslis van die boeke wat jy aanbeveel begin lees.

    1. Hallo Charlotte en baie welkom! Jy kan gerus op fb kyk na my groep Kom ons lees weer Afrikaans! en ook oorweeg om op Goodreads betrokke te raak (dis nou natuurlik as jy nie alreeds daar is nie). Groete!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s