Tag Archives: Sirkusboere

‘n Anderste leeskring: Januarie 2013

‘n Stokou Nuwejaarsvoorneme van die afgelope paar jaar kom nou uiteindelik aan die beurt – om hier te deel wat ons in ons ietwat onkonvensionele en baie informele (maar héérlike) leeskring aanvang. In Januarie het ons eenvoudig elkeen een of meer van die boeke wat ons die vakansie gelees het, saamgebring en vir die ander daarvan vertel. Volg gerus die skakels om ietsie meer van die boeke te lees, al is jy nie noodwendig van plan om dit te koop nie. Tussen die paar van ons het hierdie uiteenlopende klompie boeke na vore gekom:

(Vergewe asb. die swak uitleg – ek het my gedaan gesukkel met die kombinasie van die lang skakels en die voorblaaie – die twee werk eenvoudig nie goed bymekaar nie. Of ek is dom. Of albei.)

Abel se lot

http://www.kalahari.com/page_templates/searchresults.aspx?hop=home&navigationid=1&searchText=abel+se+lot&t=1#qs=MHxGcmVlVGV4dF9EZWZhdWx0X0VuZ2xpc2h8YWJlbCBzZSBsb3QgfHwwfDB8MXwyNHx8fFByb2RUeXBlX0VuZ3xGb3JtYXRfRW5nX0ZhY2V0fERlbGl2ZXJ5RGF5c3xTb2xkQnl8UHJpY2V8fHw%3d Lees voort ‘n Anderste leeskring: Januarie 2013

Lekker gelees in 2012!

Lees met katLees bly steeds een van die heel grootste vreugdes in my lewe.

Onder andere ook omdat ek myself nou finaal oortuig het dis deel van my werk – dus hoef ek geen gewetenswroeging te hê oor die ure wat ek op my rug deurbring nie. 

En ja, ek lees net in een posisie: die lêposisie.

Ek weet nie waar dit vandaan kom nie. Kan glad nie onthou nie.
Maar ek voel eenvoudig ongemaklik as ek probeer sit terwyl ek lees.

Vanjaar het ek nog meer as tevore op Afrikaans gekonsentreer.
Die sakke vol lekker boeke wat in Afrikaans verskyn, is ‘n vreugde vir elkeen wat die taal liefhet.

My absolute gunstelinge vir 2012 – in geen volgorde Lees voort Lekker gelees in 2012!