Tag Archives: Waterbesparing

Kom ons spaar water (vervolg)

flowers-1476210_960_720Nog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet:

Waar drastiese en permanente verandering nodig is, is by ons tuine. ’n Australiese besoeker het jare gelede sy verbasing uitgespreek omdat Suid-Afrikaanse tuine so Europees van aard is. Intussen het ons darem veel meer bewus geraak van waterwys en inheemse plante, maar daar is steeds groot ruimte vir verbetering. Dis deesdae vir my ’n plesier om op te let hoeveel pragtige vetplanttuine daar nou te sien is. Die dorpie Prince Albert is ’n wonderlike Lees voort Kom ons spaar water (vervolg)

Kom ons spaar water!

WaterNog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer van Litnet se gesprek oor waterskaarste en droogte en wat ons kan doen. (Skakel vir volledige artikel aan die einde.)

Te min water. Ons beleef dit reeds. Het jy praktiese besparingswenke, terwyl daar nog (bietjie) water is?

Ek sien die huidige krisis as ’n geleentheid om ons hele benadering tot water te verander. Vir my as plaaskind uit ’n droë streek is dit nie so ’n groot verandering nie, hoewel die dorpslewe my wel ’n bietjie bederf het. Ek verstaan egter dat stedelinge verder van die natuur lewe en dalk dinge soos water en vars lug makliker as vanselfsprekend kan aanneem. Daardie tyd is egter nou verby. Ons moet baie vinnig leer om oor elke druppel water wat ons gebruik te DINK. Ons moet leer seerkry as drinkbare water bloot in die drein afloop. Ons moet outomaties probeer om water minstens twee keer te Lees voort Kom ons spaar water!

Die (moontlike) ondenkbare: Wanneer die water ophou vloei …

Saliger.jpgDibi Symington, skrywer van die spanningsromans Saliger en Vrediger.jpgVrediger het op Vryheid in Noord-Natal die ondenkbare oorleef: Die dag wanneer daar nie meer water by die kraan uitkom nie. Sy het vir my die onderstaande stuk geskryf oor presies hoe sy daardie “oorleef” aangepak het. Ek dink ons hier in die Kaap moet so stadigaan (of redelik vinnig!) begin gewoond raak aan die gedagte dat dit dalk op ‘n kwade dag by ons ook kan gebeur. En ten minste in ons koppe begin planne maak.
Baie dankie, Dibi!

Hoe om te oorlewe in die Einde der Dae

Ek is ‘n vreeslike angstige mens. My lewensbeskouing is apokalipties. Dit was nog altyd. Selfs as kind het ek bevestigend saamgeknik as die dominee Sondae in die kerk preek oor die ellende en plae wat sondaars te wagte kon wees. Die eindtye was van my komdae af net ‘n dagreis ver. Ek het die Oordeel al drie keer aan eie bas gevoel. Lees voort Die (moontlike) ondenkbare: Wanneer die water ophou vloei …