RSS

Category Archives: Natuur

Waar ek krag kry.

Water: Hoe lyk die toekoms?

Last dropLaaste stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet. Ek wil tog beklemtoon dat hierdie posts nie bedoel is om paniek te saai nie, maar om mense (en veral myself!) te help om ons koppe so te swaai dat ons die krisis kan hanteer wanneer hy kom.

Voorspel vir my die land se watertoekoms oor ’n paar jaar. Anders kan jy net vertel hoe jy dink mens kan saamleef met ’n nuwe normaal van baie minder water.

’n Paar jaar gelede was daar al ’n advertensie wat gesê het die volgende wêreldoorlog gaan nie oor grond uitbreek nie, maar oor water. Ek dink nie dis ’n onrealistiese scenario nie. Ek sien ons land se watertoekoms as nogal taamlik donker. Die huidige krisis in die Wes-Kaap gaan nie deur een goeie reënseisoen opgelos word nie. Ons probleme gaan nie sommer weggaan nie.

Mense verskil natuurlik oor aardverwarming of nie, maar vir my as leek lyk dit beslis of natuurverskynsels hewiger word – droogtes word intenser en wanneer die reën kom, kom dit met geweld, soos ons die afgelope week in die Kaap aan ons lyf gevoel het. Ons sal moet leer om daarvoor voorsiening te maak, oa deur te skep as dit wel reën.

Hopelik leer ons owerhede uit die huidige krisis en word alternatiewe maniere van watervoorsiening in die toekoms ’n werklikheid. Ons kan eenvoudig nie meer bekostig om drinkbare water vir allerhande ander goed te gebruik nie.

Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word. Dit kan selfs tot persoonlike groei en ’n rustiger lewenstempo lei. Mens kan gewoond raak aan baie dinge. En jy kan in die proses ’n groter waardering vir die gawes van die natuur ontwikkel en leer om meer bewustelik en met groter dankbaarheid te leef.

Volledige gesprek by http://www.litnet.co.za/waterskaarste-praktiese-wenke/

 

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , ,

Kom ons spaar water (vervolg)

flowers-1476210_960_720Nog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet:

Waar drastiese en permanente verandering nodig is, is by ons tuine. ’n Australiese besoeker het jare gelede sy verbasing uitgespreek omdat Suid-Afrikaanse tuine so Europees van aard is. Intussen het ons darem veel meer bewus geraak van waterwys en inheemse plante, maar daar is steeds groot ruimte vir verbetering. Dis deesdae vir my ’n plesier om op te let hoeveel pragtige vetplanttuine daar nou te sien is. Die dorpie Prince Albert is ’n wonderlike Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Kortverhaal: Hasie in die holte

OewerkonynHasie in die holte het in die Huisgenoot van 27 Oktober 2005 verskyn.

Pasgebore en weerloos is ek veertig jaar gelede opgesaal met die yslike naam Victoria Wilhelmina Fouché. Ja, my kleinseunlose oupa se naam wás Victor Wilhelm Fouché. In die donker dieptes van die twintigste eeu is sulke wreedhede teenoor weerlose babadogtertjies gepleeg, ondenkbaar soos dit vandag mag klink.

Ten spyte van dié vroeë terugslag is ek vandag betreklik normaal: vrolik, vindingryk en fris. Let wel, nie vet nie – fris. ‘n Waardige nasaat van my oorlede oupa; ‘n fris man met ‘n groot hart was hy.

En – anders as wat die brandmaer beeldskones blykbaar glo – het ek ook ‘n hart. ‘n Sagte vrouehart vol geheime en minder geheime Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

‘n Lewe sonder diere? Nooit!

‘n Lewe sonder troeteldiere is vir my ondenkbaar. Hulle voeg soveel waarde tot ‘n mens se lewe toe dat die moeite en koste en verantwoordelikheid van versorging vir my nog altyd deur en deur die moeite werd was. En deesdae is daar al groter wordende begrip vir die ongelooflike positiewe rol wat (troetel)diere kan speel in die lewe van mense met spesiale behoeftes, synde dit kinders met gestremdhede, bejaardes of siekes.

Die heel eerste troeteldiere wat ek onthou, is die skaaphonde (Border Collies en ‘n Kelpie) op die plaas. En ‘n gemmerkat met ‘n stomp stert wat ek uit die stoor huis toe gelok het. Maar hulle was nie werklik troeteldiere nie, meer werkers op die plaas. Dit het moontlik meegewerk aan my blywende gevoel dat diere nie in die eerste plek daar is om GETROETEL te word nie, maar om ‘n rol te vervul. Hoewel ek ontsettend lief is vir my diere, bly hulle vir my diere. Ek probeer om nie menslike emosies en eienskappe aan hulle toe te ken nie, en ek probeer in gedagte hou dat diere se lewensverwagting laer is as dié van mense – afskeid is dus onvermydelik. Wat dit ‘n uitstekende oefening vir die liefde Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , ,

Veilig terug!

Noudat die paaie in chaos (of nog groter chaos as gewoonlik) begin verval, is ons veilig terug op ons eie plek. Die toertjie was beplan met die oog daarop om die grootste vakansie stormloop asook die ergste hitte mis te loop. Daarom het ons vertrek nog voor die skole amptelik gesluit het (hoewel ek die indruk gekry het omtrent alle skole het nie-amptelik minstens ‘n week voor die tyd gesluit) en was ons roete meestal kuslangs. In albei opsigte was dit baie suksesvol, hoewel ek dink die deel van die hitte was meer geluk as wysheid! Ons het die grootste deel van die tyd in bewolkte weer gereis en feitlik nooit regtig warm gekry nie. Maar die Afrika-son moet ‘n mens nie onderskat nie – met ons tan is daar geen fout nie!
Ons het gekamp, gestap, geroei en uitgeval, potjie gemaak en gebraai, is deur muskiete aangeval, deur ape besteel, het nat wakker geword en opgepak in die reën en is net deur een speedie voorgekeer. Ons het baie gepraat en baie gelag en hier en daar effens kwaad geraak. Ons het ou bande met familie en vriende versterk, ons het die geliefde land in al sy glorie en broosheid gesien, en ons het veral die ongerief en blydskap beleef wat reën vir ‘n droogtegeteisterde land bring. Ons het oor goeie en slegte paaie gery, ons het vasgeval, ons het mekaar dikwels geirriteer en mekaar weer eens liefgekry. Boonop was ons bevoorreg om terug te kom na ‘n skoon huis, ‘n versorgde tuin en troeteldiere, en ‘n geliefde hond in top kondisie wat uit haar vel wil spring van blydskap om ons te sien.
Voorwaar geseënd. Ons is regtig diep dankbaar. (Oor die wasgoed swyg ons maar …)

 

Sleutelwoordw: , , ,

Random gedagtes: So eenders, so verskillend

Ek het ‘n heerlike tydjie agter die rug van kuier met oorsese gaste, van wie ek die man al geken het, maar die vrou glad nie. Het my morsdood gestres voor die tyd – is sy styf, is sy deftig, gaan ons die hele tyd in die sitkamer moet sit en geselsies maak? En netmooi niks in my huis is reg nie, alles is oud en lyk vir my na die hond se dinges …
En toe is sy ‘n doodgewone vrou wat leef vir haar gesin, graag lekker dinge doen en lekker goed eet en gesels oor hoe sy voel. En ek begin kyk deur haar oë na my omgewing en probeer verduidelik vir haar iets van die essensie van ons land – en sien alles asof vir die eerste keer weer, en begin verstaan self party dinge ‘n klein bietjie beter …
Plus ek besoek ‘n plek waar ek nog nooit was nie. En leer meer oor die bedryf van geblikte leeujag. En kry ‘n briljante idee vir ‘n romanse … en ja, ek weet die idee is die maklikste deel …
A stranger is just a friend you do not know – afgesaag, maar waar!

 

Sleutelwoordw: , ,