RSS

Tag Archives: droogte

Water: Hoe lyk die toekoms?

Last dropLaaste stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet. Ek wil tog beklemtoon dat hierdie posts nie bedoel is om paniek te saai nie, maar om mense (en veral myself!) te help om ons koppe so te swaai dat ons die krisis kan hanteer wanneer hy kom.

Voorspel vir my die land se watertoekoms oor ’n paar jaar. Anders kan jy net vertel hoe jy dink mens kan saamleef met ’n nuwe normaal van baie minder water.

’n Paar jaar gelede was daar al ’n advertensie wat gesê het die volgende wêreldoorlog gaan nie oor grond uitbreek nie, maar oor water. Ek dink nie dis ’n onrealistiese scenario nie. Ek sien ons land se watertoekoms as nogal taamlik donker. Die huidige krisis in die Wes-Kaap gaan nie deur een goeie reënseisoen opgelos word nie. Ons probleme gaan nie sommer weggaan nie.

Mense verskil natuurlik oor aardverwarming of nie, maar vir my as leek lyk dit beslis of natuurverskynsels hewiger word – droogtes word intenser en wanneer die reën kom, kom dit met geweld, soos ons die afgelope week in die Kaap aan ons lyf gevoel het. Ons sal moet leer om daarvoor voorsiening te maak, oa deur te skep as dit wel reën.

Hopelik leer ons owerhede uit die huidige krisis en word alternatiewe maniere van watervoorsiening in die toekoms ’n werklikheid. Ons kan eenvoudig nie meer bekostig om drinkbare water vir allerhande ander goed te gebruik nie.

Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word. Dit kan selfs tot persoonlike groei en ’n rustiger lewenstempo lei. Mens kan gewoond raak aan baie dinge. En jy kan in die proses ’n groter waardering vir die gawes van die natuur ontwikkel en leer om meer bewustelik en met groter dankbaarheid te leef.

Volledige gesprek by http://www.litnet.co.za/waterskaarste-praktiese-wenke/

 

 

Sleutelwoordw: , , ,

Kom ons spaar water (vervolg)

flowers-1476210_960_720Nog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer se gesprek op Litnet:

Waar drastiese en permanente verandering nodig is, is by ons tuine. ’n Australiese besoeker het jare gelede sy verbasing uitgespreek omdat Suid-Afrikaanse tuine so Europees van aard is. Intussen het ons darem veel meer bewus geraak van waterwys en inheemse plante, maar daar is steeds groot ruimte vir verbetering. Dis deesdae vir my ’n plesier om op te let hoeveel pragtige vetplanttuine daar nou te sien is. Die dorpie Prince Albert is ’n wonderlike Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , ,

Kom ons spaar water!

WaterNog ‘n stukkie van my en Naomi Meyer van Litnet se gesprek oor waterskaarste en droogte en wat ons kan doen. (Skakel vir volledige artikel aan die einde.)

Te min water. Ons beleef dit reeds. Het jy praktiese besparingswenke, terwyl daar nog (bietjie) water is?

Ek sien die huidige krisis as ’n geleentheid om ons hele benadering tot water te verander. Vir my as plaaskind uit ’n droë streek is dit nie so ’n groot verandering nie, hoewel die dorpslewe my wel ’n bietjie bederf het. Ek verstaan egter dat stedelinge verder van die natuur lewe en dalk dinge soos water en vars lug makliker as vanselfsprekend kan aanneem. Daardie tyd is egter nou verby. Ons moet baie vinnig leer om oor elke druppel water wat ons gebruik te DINK. Ons moet leer seerkry as drinkbare water bloot in die drein afloop. Ons moet outomaties probeer om water minstens twee keer te Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Die (moontlike) ondenkbare: Wanneer die water ophou vloei …

Saliger.jpgDibi Symington, skrywer van die spanningsromans Saliger en Vrediger.jpgVrediger het op Vryheid in Noord-Natal die ondenkbare oorleef: Die dag wanneer daar nie meer water by die kraan uitkom nie. Sy het vir my die onderstaande stuk geskryf oor presies hoe sy daardie “oorleef” aangepak het. Ek dink ons hier in die Kaap moet so stadigaan (of redelik vinnig!) begin gewoond raak aan die gedagte dat dit dalk op ‘n kwade dag by ons ook kan gebeur. En ten minste in ons koppe begin planne maak.
Baie dankie, Dibi!

Hoe om te oorlewe in die Einde der Dae

Ek is ‘n vreeslike angstige mens. My lewensbeskouing is apokalipties. Dit was nog altyd. Selfs as kind het ek bevestigend saamgeknik as die dominee Sondae in die kerk preek oor die ellende en plae wat sondaars te wagte kon wees. Die eindtye was van my komdae af net ‘n dagreis ver. Ek het die Oordeel al drie keer aan eie bas gevoel. Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 01/06/2017 in Waterbesparing

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Skelmspuiter – ‘n droogtestorie

flowers-1476210_960_720Ek onthou Skelmspuiter was die eerste storie wat ek na my ma se dood kon voltooi. En dat die term uit ʼn artikel in By gekom het. Dit was die tweede tyd van waterbeperkings wat ons hier beleef het. My eie klippiestuin het ook in daardie tyd vorm aangeneem. Dit het in die Huisgenoot van 26 Mei 2005 verskyn.
Daardie tyd se droogte was ‘n vulletjie teen wat ons nou beleef. Ek hoop die skelmspuiters besef dit ook.

JANUARIE:

Die mooiste Kaap steier onder die kwaaiste droogte in jare.

Onbetrokke bure leer mekaar  in sonverskroeide tuine ken, tuinslang of gieter in die hand. Op donker kriekdeurdrenkte aande vry tieners lustig onder die voorwendsel van Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,