RSS

Junie 2012: Edinburgh

19 Jun
  1. Eerste indrukke is gewoonlik blywend.
  2. Ons eerste indrukke was van reen en padverleggings.
  3. Maar dis nie al wat ons hier sal wegneem nie.
  4. Ons koppe kan steeds nie lekker vat hoe OUD dinge hierrond is nie.
  5. Dis lekker om te weet ‘n kasteel hou oor jou wag.
  6. Al is daar ‘n lelike muur en ‘n stegie met baie sigarettoppies tussen julle.
  7. ‘n Mall is ‘n mall is ‘n mall.
  8. Maar hier is jy nie gewaarborg van ‘n PnP aan die een punt en ‘n Woolies aan die ander punt nie.
  9. Wel van ‘n Royal Mile met ‘n kasteel aan die een punt en ‘n paleis aan die ander.
  10. Die Royal Mile is nogal lank. En opdraand. (Wel, afdraand van bo af!)
  11. Die getal baie ou en baie mooi geboue is oorweldigend.
  12. Hulle gel nie so lekker met die moderne toevoegins wat seker onvermydelik is nie.
  13. Selfs die Olimpiese ringe lyk heeltemal onvanpas.
  14. Stap net ‘n entjie af in die Mile en die skares dun aansienlik uit.
  15. Stap net ‘n blok na links of regs en die skares is heeltemal weg.
  16. ‘n Sopie whiskey 11:00 op ‘n Maandagoggend is nogal spesiaal.
  17. Veral saam met iemand met uitdagende silwer toonnaels. (Nee, die manne het nie finaal uitgehaak nie!)
  18. En nee, julle sal my nie volgende Maandag in die Paarl se Crown Bar vind nie.
  19. Haggis en neeps en tatties laat dink my aan vergange se dae.
  20. Ek mis nie full breakfasts nie.
  21. Hier is wel oorgenoeg ander versoekings om daarvoor op te maak.
  22. Ek was kinderlik gelukkig om weer ‘n slag ‘n vrugte smoothie in die hande te kry.
  23. Hoe minder toeriste in die kerk, hoe meer voel dit na kerk.
  24. Maar natuurlik help toeriste om die onderhoud van die plekke te finansier.
  25. Die klank van ‘n doedelsak op ‘n besige stadsplein kan ‘n vreeslike verlatenheid oor ‘n mens bring.
  26. Nie moeilik om jou voor te stel wat dit erens in die wilde berglandskappe aan ‘n mens sou kon doen nie. Of in ‘n regte, egte kasteel. So ‘n eeu wat gelede.
  27. Dis opvallend hoeveel Indiese mense Skotse toerismewinkels besit/bestuur.
  28. Die diens agter elke liewe toonbank van Londen tot Edinburgh was uitstekend.
  29. Nee, immigrasiebeamptes op Heathrow tel nie.
  30. Tussen al die wonderlike ou geboue bly ek maar na die tuine toe neig.
  31. Tussen al die paartjies in die son sowaar net een wat vurig aan die vry is … Is iets verkeerd met vandag se jongmense? 🙂
  32. Sit ‘n skapie op ‘n ou muur neer en vreemdelinge word skielik vriende.
  33. Ja, ek is reg vir huis toe gaan.
  34. Maar ja, ek neem swaar van Edinburgh afskeid.
  35. Maar eers wag daar … the Boss!
Advertisements
 
2 Kommentaar

Posted by op 19/06/2012 in Bruce Springsteen, Reis

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

2 responses to “Junie 2012: Edinburgh

  1. kristelloots

    20/06/2012 at 07:32

    Weer eens sien en hoor ek die toneeltjie voor my. Die heimwee-klanke van die doedelsak oor die plein.
    Ja, ek voel selfs die verlatenheid. Moenie worry nie, hoor. Alles hier is nog dieselfde. En jou huis en jou HONDE wag vir jou. Geniet die hoogtepunt wat vir jou voorlê.
    En so tussen alles deur, wonder ek oor die skapie (is hy al `n bietjie vuil gevat?) op die eeue-oue muur en die vreemdelinge wat (versigtige) vriende geraak het. En wat hulle werklik dink van hierdie vreemde, vreemde vrou uit die verre, geheimsinnige Suid-Afrika met haar speelgoed-skapie en haar eienaardige gewoontes. Hoe hulle agterna in vreemde Skotse aksente vir mekaar in die ore oor jou fluister. Tjie, tjie, tjie. My dear, what a funny mensch!
    Alta, jy maak jou merk daar. Alta Cloete was here!
    En dis `n goeie ding. Ons is trots op jou.

     
  2. Alta Cloete

    20/06/2012 at 09:52

    Heerlik om van jou te hoor, Kristel! Ja, Skapie is nie meer so heeltemal wit nie. En het effens vrotpootjie opgedoen …
    Dink asseblief veral more aan ons – gaan ‘n harde dag wees!
    x

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: