RSS

Sunderland – 21 Junie 2012

25 Jun
Bruce Springsteen

Bruce Springsteen (Photo credit: Alex Hempton-Smith)

Vinnige aantekeninge teen 1:00 die volgende oggend:

  1. Drome kan regtig waar word.
  2. Die werklikheid kan nog beter as die droom wees.
  3. Ek kon weer soos ‘n kind na iets uitsien – en nie teleurgesteld wees nie.
  4. Bruce Springsteen gee ALLES vir sy gehore – elke keer.
  5. ‘n Dag van veertien ure is heeltemal doenbaar.
  6. Ook as omtrent elf van hulle op jou voete is.
  7. Twee klein sjerries knap voor middagete help nogal.
  8. Ek kon nog nooit staan nie.
  9. Nou weet ek ek kan.
  10. Ook vir ses ure in die reen.
  11. Ook vir so tussen vyf en ses ure vasgedruk tussen vreemdelinge (genadiglik sonder reen).
  12. Staan kan ook wees = dans.
  13. ‘n Mens kan dans terwyl jy net die ruimte van jou eie lyf en jou handsak het.
  14. As almal rondom jou dieselfde doen.
  15. Super C’s is hul gewig in goud werd.
  16. Bruce Springsteen is in lewende lywe amper te mooi om waar te wees. (En ja, ou mans kan mooi wees. Ook as hul voor 50 000 mense bo-op die vleuelklavier begin strip … maar dis ‘n ander storie.)
  17. Nee, hy het nie diep in my oe gekyk en sielekontak gemaak nie.
  18. Nee, ek het ook nie aan hom geraak nie.
  19. Maar dit was blerrie amper.
  20. Dalk sou dit too much gewees het.
Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

8 responses to “Sunderland – 21 Junie 2012

  1. MaanKind

    25/06/2012 at 11:51

    Ek toer lekker saam met jou! Dankie vir al jou updates. Nadia update te min!

     
    • Alta Cloete

      27/06/2012 at 11:01

      MaanKind, dit het soms maar gesukkel met die updates – kan nie glo dat daar nog hier en daar ‘n gastehuis is sonder WiFi nie.

       
  2. kristelloots

    25/06/2012 at 11:56

    Baie bly om te sien jy ken die beperkinge van jou ‘sanity’. Want as jy aan hom kon raak, of as hy diep en sielvol in jou oë moes kyk, sou jy nooit weer met `n doodgewone lewe tevrede kon wees nie. Kom veilig tuis!

     
    • Alta Cloete

      27/06/2012 at 11:02

      Jy’s waarskynlik reg, Kristel. Of dalk het ek vir die res van my lewe vir almal vertel van die dag toe Bruce Springsteen aan my hand gevat of in my oë gekyk het. (Nou kan ek net vir die res van my lewe vertel van die dag toe hy dit AMPER gedoen het!)

       
  3. Riana Viljoen

    25/06/2012 at 13:21

    XXXXXXXXXXXXXXXX

     
    • Alta Cloete

      27/06/2012 at 11:03

      Dankie vir jou meelewing, Riana!

       
  4. murphy

    25/06/2012 at 15:13

    Lekker!!!!

     
    • Alta Cloete

      27/06/2012 at 11:03

      Murphy, dalk is LEKKER die beste woord hiervoor – diep vreugde!

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: