Hierdie skakel kan jou lewe verander, want dit kan jou ‘n heel nuwe perspektief op depressie gee. As ‘n mens die siklus van depressie verstaan en die verband met oormatige droom insien, gee dit jou nuwe skietgoed in jou stryd teen die swart hond. Bowenal kan dit jou help om verantwoordelikheid te neem en jouself nie langer as ‘n magtelose slagoffer te sien nie.
http://www.clinical-depression.co.uk/dlp/understanding-depression/understanding-depression/
Baie interessant. Die mens is sowaar `n fyn ingestelde ‘masjinerie’ en en dis gerusstellend om te hoor dis nie net jý wat effens ‘funny’ en ‘weird’ is nie. Want die vreemde drome wat hierdie onderbewuste van my kan vorm laat my soms wonder. En nee, dit kan nie vir stories gebruik word nie – behalwe as ek skreeuend bloedstollende rillers of absurde klugte wil skryf. Ek dink daar is baie verskillende soort swart honde en ek hou hoeka nie van honde nie! Voertsek!
Ai, Kristel, jy’s altyd ‘n treat!
Ek was die afgelope week weer lelik met die swart hond deurmekaar. Hou mos hoeka baie van honde! Maar nie hierdie een nie. Hy’s darem nou weer redelik stert tussen die bene aan die retireer … 🙂