Vinnig en maklik vir die laaste stuiptrekkings van die winter:
100ml sago
1 liter melk
30ml botter/margarien (of sommer net ‘n stukkie)
2 eiers (ek maak dit soms 3)
75ml volkoringmeel (2e opgehoop)
20ml vlapoeier (1e nie opgehoop)
2ml sout (knippie of twee)
125ml water
Kaneelsuiker
- Voeg sago by 250ml melk in ‘n diep bak.
- Mikrogolf 2,5min oop by 100% krag.
- Roer goed en laat staan ‘n klein rukkie.
- Voeg orige 750ml melk en margarien by.
- Mikrogolf vir 15min oop by 100% krag en roer na elke 5min.
- Skei eiers en klits eiergele, meel, vlapoeier, sout en water saam tot gemeng. (Ek skei nie die eiers nie.)
- Roer by sagomengsel.
- Mikrogolf 6min oop by 100% krag en roer na eerste 3min goed.
- Klits eierwitte tot styf en vou liggies by mengsel in. (Ek doen dit nie!)
- Eet met kaneelsuiker.
Jisja, ek het sopas vir ma genomineer vir die “Reader appreciation award” 🙂
http://oneinabillionblog.com/2012/08/26/reader-appreciation-award/
Het gesien – waardeer dit baie!! Moet ek nou ook daai goeters doen?
Die melkkos is heerlik!