Die einde van die wêreld? So what?

Danksy die media weet al wat leef en beef nou die einde is veronderstel om naby te wees. Ek lees in Amerika en hier (en dan seker op ander plekke ook) is daar groot advertensies in vandag se koerante geplaas, sodat mense nog vinnig voor vanaand 19:00 tot bekering kan kom.
My eerste gedagte is dat so ‘n bekering uit blote vrees darem seker nie veel waarde kan hê nie. Dis darem net te maklik om te leef soos jy wil en dan net 10 sekondes voor die tyd gou vreeslik jammer te word. Dis nou natuurlik wanneer jy so gelukkig is om te weet presies wanneer is dit nou 10 sekondes voor die tyd …
My tweede gedagte is dat ek wonder hoekom dit so ‘n issue geword het of dit gaan gebeur of nie. Hoekom is die mense wat glo dit gaan gebeur, so vreeslik bekommerd oor die res van ons? Is hulle regtig oor ons siele gekommerd, of is dit bloot ‘n kwessie van glo jy alleen is reg en die hele wêreld is verkeerd en jy wil eintlik maar net jóú punt maak? Met ander woorde, blote egoïsme?
Ek weet nie en dit pla my ook nie veel nie. Almal van ons gaan een of ander tyd ons einde bereik … Intussen moet ons dalk liewer aandag gee aan hoe effektief ons die tyd benut wat ons wel het. Minder in die verlede of in die toekoms leef en meer in die oomblik. Minder worry oor wie almal bekeer is en meer die boodskap van liefde uitleef. Minder veroordelend wees teenoor almal wat van ons verskil en meer empatie hê met dié wat anders as ons is.
Want dis vir my die kern van hierdie ouens (en al dié voor hulle) se dwaling – die aanname dat hulle, en net hulle, die waarheid weet. Die absolute geloof dat daar net één waarheid is en dat hulle alleen dit kan insien. Die houding van almal is verkeerd en net ek is reg. Dinge is swart en wit en daar is geen grys gebiede nie.
Ongelukkig kon ek die lewe nog nooit as so eenvoudig ervaar nie.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s