RSS

Tag Archives: Geestelik

Dagboek van ‘n depressievegter: Wanneer die son weer opkom

Depressievegters ken daardie gevoel – jy gly dieper en dieper in die donker put af.

Maar as jy lank genoeg en verbete genoeg aanhou veg, gebeur die wonder ongemerk en soms onverklaarbaar:

Die wande is steeds glad, maar jou naels begin stadig vatplek kry. Al breek en bloei hulle. En jy klou.

En onder wag … Wat? Dalk maar net die ewige donkerte. En jy weet dis nie wat jy vir jouself Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Reis na binne: van ontnugtering tot sielvolheid – Truida Heymann

Reis na binne bied die hedendaagse mens padwysers om sinvolheid en sielvolheid te help ontdek. Omdat raad gee selde help, word die boek ‘n verhoog waar vier mense se stories afspeel. Hulle belewenisse en drome demonstreer dat die lewe elke heelhartige soeker wil help met die reis vanaf ontnugtering na sielvolheid. Aldus die agterblad.
Mense wat my goed ken, weet ek hou niks van die woord middeljarig nie. Dit klink vir my na iets wat nog vis nog vlees is, sommer net êrens in die lug tussen jonk en oud. Hierdie boek verander ‘n mens se perspektief hieroor. Die middeljare word gesien as ‘n tydperk waarin baie groei kan plaasvind as jy doelbewus daarvoor soek. Ons weet almal die lewe boul vir elke mens maar ‘n paar lelike balle en ‘n sekere mate van ontnugtering is waarskynlik onvermydelik. Maar hierdie boek maak die pad oop om deur die ontnugtering te kom na wat sy noem sielvolheid. ‘n Mens besef selfs dat ‘n sekere mate van depressie êrens in jou middeljare Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Die einde van die wêreld? So what?

Danksy die media weet al wat leef en beef nou die einde is veronderstel om naby te wees. Ek lees in Amerika en hier (en dan seker op ander plekke ook) is daar groot advertensies in vandag se koerante geplaas, sodat mense nog vinnig voor vanaand 19:00 tot bekering kan kom.
My eerste gedagte is dat so ‘n bekering uit blote vrees darem seker nie veel waarde kan hê nie. Dis darem net te maklik om te leef soos jy wil en dan net 10 sekondes voor die tyd gou vreeslik jammer te word. Dis nou natuurlik wanneer jy so gelukkig is om te weet presies wanneer is dit nou Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2010 in Blogging, Inspirasie

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Die drang om te skep

Ek het tot die besef gekom in elke mens skuil daar die behoefte om iets te skep. Iets unieks, iets getrou aan homself. Dit hoef nie noodwendig groot en indrukwekkend of opspraakwekkend te wees nie. Dit moet net ietsie van die skepper hier laat agterbly as hy nie meer hier is nie. ‘n Klein stukkie van die ewigheid waaraan ons sterflikes net vlugtig kan raak. ‘n Klein, klein splintertjie lig uit die Skepper se groot uitspansel. Dit kan ‘n kind wees, ‘n boek, ‘n gehekelde kombersie, ‘n tafel vol watertand kos … Enigiets wat uniek en eiesoortig is.

Dalk is die vermoe om self iets te skep ‘n klein stukkie van Homself wat Hy ons gegee het, net om die lewe regtig die moeite werd te maak. Dalk is dit hoekom ons so naarstigtelik woel om iets van onsself agter te laat – omdat dit die naaste is wat ons ooit aan die goddelikheid kan kom. Dalk is dit waarheen ons so gejaagd aan die hardloop is. Nie agter plesier aan nie, maar agter die vreugde aan om iets sinvols hier agter te laat as ons die dag moet vertrek.

Self weet ek net ek het nog nie ‘n groter vreugde geken nie.

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Nog basiese menslike behoeftes

Hier is  ‘n ander opsomming van die basiese menslike behoeftes. Dalk spreek dit jou meer aan as die wat ek tevore onder Life Coaching geplaas het. Dis in elk geval maar verskillende name vir dieselfde goed. Die punt is dat ‘n mens doelbewus kan kyk watter van jou behoeftes word nie bevredig nie – en dan iets daaraan kan probeer doen. Dit sluit dus aan by die belangrike gedagte dat ‘n mens wel self baie aan jou gemoedstoestand kan doen en nie ‘n willose slagoffer van jou emosies hoef te wees nie. Hierdie besef is dikwels vir mense die eerste tree na genesing.

Lees hier vir die agt basiese menslike behoeftes: https://altacloete.wordpress.com/beveg-depressie/2-basiese-menslike-behoeftes/

 

Sleutelwoordw: , , , ,