
Ouderdom: 78
Beroep: Afgetree
Huwelikstatus: Weduwee
Waar woon jy? Parow-Noord
Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) My seun en sy lewensmaat
In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek
of besonder uitdagend? Die feit dat ek nie in my motor kan klim om ‘nentjie te gaan ry nie. Die feit dat ek nie meer alleen kan loop sonder ‘n loopring nie. Dit vereensaam my.
Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Paniekerig en baie bekommerd oor my en my huismense se gesondheid. Dit was ‘n groot skok van “nie weet” wat vorentoe gaan gebeur nie.
Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? vasgevang in ‘n onbekende situasie. Baie onseker van alles.
Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Kon wel nog na geliefkoosde Café Chameleon saam met vriende gaan. Dit was ‘n weeklikse bymekaarkom met ‘n paar vriende.
Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5
verander? In dié opsig dat eie bietjie vryheid om te kom en gaan soos ek wou, daarmee heen was.
Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Soos hierbo by 12. Was geweldig ontsteld dat ek nie na die gedenkdiens van my swaer by hulle huis kon gaan nie. My sus het gesoebat dat ek moes kom, maar daar is gesê dat ons ‘n boete van meer as R1,000 sou betaal of in hegtenis geneem sou word.
Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Dat ek steeds musiek kon luister en op sosiale media bedrywig kon wees, het ontsaglik baie gehelp. Vir die eerste keer het eie sterflikheid ook ‘n werklikheid geword. Dit was nodig om daaraan te dink.
Hoe het die mense gevaar wat saam met jou
ingeperk was? Ons al drie het deur stadia van vrees vir die virus gegaan, veral in die begin.
Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Was kwaad, maar het verstaan dat dit nodig was vir eie veiligheid.
Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Daardie weeklikse bymekaarkom met vriende.
Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Persoonlik was dit maar baie dieselfde as vlak 5.
Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Soos hierbo.
Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Dat ons steeds nie kon rook nie!
Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen
het? Nee, liggaamlike toestand kon net ligte oefening hanteer.
Het jy tydens vlak 5 geoefen? Net die bed-oefeninge vir die vervangde heupe, soos voorheen.
Hoe het jy dit gedoen? Soos hierbo.
Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Soos hierbo
Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Juis omdat ek huisgebonde is, het dit nie veel verandering teweeg gebring nie. Dit was goed om weer ‘n drankie te kon drink
Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Soos hierbo.
Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dan die rook van sigarette steeds verbode was! Dat ons sosiale verkeer steeds ingeperk was.
Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Dit wissel steeds tussen vrees vir en aanvaarding van hierdie onnatuurlike situasie waarin ons almal ons bevind.
Is jy finansieel erg geraak? Nie erg nie, en ek help ander finansieel op ‘n klein manier om kop bo water te probeer hou.
Wat is nou vir jou die moeilikste? Die moeilikste is om van maand tot maand te hoor dat hierdie pandemie nie tot ‘n einde kom nie, dit maak mens moedeloos. Bitter jammer vir mense wat hulle werk verloor het, wat moet honger ly, wat geen hoop op ‘n beter toekoms het nie.
Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Huismense wat nader na mekaar beweeg, die liefde en bystand van vriende per e-posse, dat mense oor die algemeen meer vir mekaar omgee en help, op watter wyse ookal.
Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Ja.
Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Die pers, TV, artikels deur kundiges en sosiale media.
Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? By tye raak mens afgestomp en voel of jy asseblief niks meer wil weet of hoor nie.
Bly jy op hoogte van die oorsese situasie?Ja
Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Nee
Hoekom? Dit bly maar ‘n wereldwye ding en mens wil nie vergelykings tref met wat in elk geval met beperkte kennis nie altyd in die kol sal wees nie.
Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Bekommerd, veral oor die jonger geslag
Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Hierdie is iets wat niemand sien kom het of verstaan nie. Dis ‘n virus onbekend selfs aan die medici en meeste van ons het maar in die donker rondgetas. Ek sou beslis nie weet wat anders ek sou gedoen het nie. AS ons langer hier op Vlak 5 gebly het, kon daar redeneer word dat daar nie soveel mense aangesteek sou word nie. Maar hoe ‘n invloed sou dit hê op werkloosheid en die ekonomie van ons land? Dit kan nie teen mekaar opgeweeg word nie. Catch 22. Hierdie virus is groter as die mens.
Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin? My omstandighede is weens ouderdom, immobiliteit en ander gesondheidskwale van so ‘n aard dat daar eintlik niks is wat anders as juis nou sou wees nie.
Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Nee
Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Nee