
- Ouderdom: 66
- Beroep: Konsultant
- Huwelikstatus: Enkel
- Waar woon jy? Strand
- Alleen? Wie saam met jou? (Name is nie nodig nie.) Net ek
- In watter opsig(te) beskou jy jou situasie tydens inperking as uniek of besonder uitdagend?
- Hoe het jy gevoel toe die noodtoestand afgekondig is? Geskok maar het dit verwag agv wereldwye tendens.
- Hoe het jy gevoel toe algehele inperking (vlak 5)afgekondig is? Geskok, maar het aanvaar en het beplan dienooreenkomstg
- Hoe het jy die drie dae direk voor inperking deurgebring? Vir oulaas gereedgemaak. Nodige inkopies, vir oulaas belangrike kuiers ingekry met vriende en familie
- Hoe het jou lewe met inperking op vlak 5 verander? Alleen. Ophou reis (ek was konstant op dreef) Werk. Alle werk het opgehou.
- Wat was die moeilikste tydens vlak 5? Werk en die gepaardgaande stimulasie en “sense of fulfilment”
- Wat is vir jou positief tydens vlak 5? Om in touch te kom met myself meer as gewoonlik. Refleksie, begin meer lees.
- Hoe het die mense gevaar wat saam met jou ingeperk was? NVT
- Hoe het jy die verlenging van vlak 5 ervaar? Teleurgesteld, mar weereens aanvaar agv noodsituasie.
- Wat het jy die meeste gemis op vlak 5? Kontak, kuier, agv alleen wees die gemis aan face to face gesamentlikheid en die warmte en humor was net in daai konteks kan gebeur
- Hoe het die verandering na vlak 4 jou geraak? Was ‘n verligting om te kan loop.
- Waaroor was jy bly met die verlaging na vlak 4? Dat ek kan stap!!!!!
- Waaroor was jy kwaad met die verlaging na vlak 4? Kan nie onthou met watter vlak dit gekom het nie maar die drank en sigaret ban wat vir my irrasioneel en kontra produktief is en dit sotlikhede van ooptoon skoene en dat jy op ‘n sypaadjie mag stap maar nie op ‘n oop strand nie.
- Is jy iemand wat voor inperking gereeld geoefen het? Nee
- Het jy tydens vlak 5 geoefen? Min maar bietjie
- Hoe het jy dit gedoen? In gange op en af loop in woonstelkompleks en trappe op en af klim.
- Hoe het jy die drie ure oefentyd op vlak 4 ervaar? Fantasties vir stap maar frustrerend oor die sotlikheid weereens van reels wat mense wil laat kontak vermy maar hulle forseer om op dieselfde tyd te “oefen”.Hoe het die verlaging na vlak 3 jou geraak? Goed. Voel meer gerus. Stadige terugkeer na normaliteit is goed.
- Waaroor was jy bly toe vlak 3 aanbreek? Enige tyd gaan stap. Kontak met mense makliker.
- Waaroor was jy kwaad toe vlak 3 aanbreek? Dat sigarette en drank steeds verbode bly. (al rook ek nie en drink nie so baie nie). En toenemend dat die regering nie doen wat hulle belowe tov die armes nie, en die korrupsie wat toeneem.
- Hoe vaar jy op hierdie stadium (na 100 dae) oor die algemeen emosioneel? Ok, soms bietjie down, sad. Ergste is dat ek nie my ma kan sien in die versorgingsoord nie.
- Is jy finansieel erg geraak? JA baie erg. Geen werk nie.
- Wat is nou vir jou die moeilikste? Die magteloosheid. Voel op die kantlyn van die lewe.
- Wat kan jy uit die ervaring haal wat positief is? Baie, waardering vir tyd, mense is verdiep. EN ‘n massiewe bewustheid van my bevoorregting in die land van ons. EK eet lekker, leef goed. Baie het niks daarvan nie.
- Bly jy op datum met die Covid 19-situasie in SA? Grootliks
- Deur watter medium? Hoe gereeld kyk/luister jy na nuus oor Covid 19? Koerante. Sosiale media
- Hoe beïnvloed die voortdurende nuus oor die virus jou emosioneel? Dis verwarrend. Ook vreesaanjaend. Mens wil nie graag een van die statistieke word nie en nog minder veroorsaak dat iemand anders dit word.
- Bly jy op hoogte van die oorsese situasie? Min of meer.
- Is daar spesifieke lande waarin jy belangstel? Afrika…
- Hoekom? Is waar ons is.
- Hoe beïnvloed die stygende sterftesyfer in SA jou? Dis vreesaaanjaend.
- Wat sou jy anders doen as jy nou die ervaring van vooraf kon begin? Gereelder oefen rooster opstel van wat om te doen, lees internet, vriende bel ens.
- Wat sal jy presies dieselfde doen as jy van vooraf kon begin?viriende en familie bel en sinvolle gesprekke hê. Lees. Langs die see af loop.
- Ken jy iemand wat Covid 19 opgedoen en herstel het? Ja
- Het iemand na aan jou al aan Covid 19 gesterf? Ja (redelik na)