RSS

Junie 2012: Skotse Hooglande

13 Jun

My heel lekkerste dag voel alreeds soos ‘n week gelede, ipv ‘n dag … Te veel indrukke, te veel prente in my kop.

  1. Loch Lomond se muggies skrik nie vir koue nie.
  2. Ook nie vir beledigings of klappe nie.
  3. Die res van Skotland se muggies is nie minder dapper (of dom) nie.
  4. Mense ervaar dinge en plekke op verskillende maniere.
  5. Niemand is reg of verkeerd nie.
  6. Begrip vir mekaar dui op volwassenheid en maak verhoudings sterker.
  7. Ek kan nie net kyk nie – ek moet beleef. Stap, sit, voel, luister, eet, koop … Verkieslik ‘n slaggie (effens) wegraak ook.
  8. Hierdie dinge neem almal tyd.
  9. Wat ons deur die genade gister gehad het.
  10. ‘n Steeds bewoonde kasteel is bloot ‘n baie mooi en interessante museum.
  11. Ek wonder hoekom is al die voorgeslagte op die skilderye so ongelooflik onaantreklik?
  12. Heel waarskynlik verander die mens se idee van wat aantreklik is, ook deur die jare.
  13. Dis nie goed vir die ego om te moet motor stoot voor ‘n kasteel nie. (Gelukkig was net die attitude met die uitklim genoeg om die karretjie te oortuig!)
  14. ‘n Mens wonder hoe ‘n bekkige motortjie wat ‘n bevel gee vir elke dingetjie van die handrem tot die alarm, nie vir jou kan se as jy die ligte aanlos nie.
  15. ‘n Ruine (ek kan nie die deeltekens hier doen nie) met gate vir vensters en blommetjies tussen die klippe … dis mos die ware jakob.
  16. Veral as jy moet klim na hom toe.
  17. En as jy op wonderskone Oban afkyk van bo af.
  18. En onverwags al die (ander) toeriste afgeskud het.
  19. Oban se Distillery het die manier om op te duik sodra jy oortuig is jy het hom plus albei mansmense nou verloor.
  20. ‘n Kind wat twee gratis proeseltjies losslaan, is ‘n vreeslike gelukkige ding.
  21. Hulle whiskeykoek is aan te bevele.
  22. ‘n Onbereikbare kasteel oorkant die water, ‘n stappie oor die sponserige plantegroei, altyd iemand erens met ‘n hond aan die stap, ‘n bultjie met ‘n klompie bome en ‘n klipmuur rondom … magic.
  23. In lee kastele kan jy die verlede oor flusiter. Of sug.
  24. In vol kastele hoor jy net die klank van geld.
  25. Wat natuurlik ook nodig is om die plekke in stand te hou.
  26. ‘n Onverwagse kerk langs die pad … blomme van wat dalk ‘n troue was … die oue en die nuwe sy aan sy … en altyd, altyd die loch se waters …
  27. In Skotland hou dit weer op wanneer dit begin reen.
  28. My lamb shank is toe ‘n kwart van my man s’n ‘n paar dae gelede, maar darem net so lekker.
  29. Ek het nog nooit in my lewe snags so warm gekry soos onder hierdie wereld se duvets nie.
  30. ‘n Droe handdoek vir twee pond? Dan vat jy maar net enetjie vir die moeder van die huis.
 
2 Kommentaar

Posted by op 13/06/2012 in Reis

 

Etikette: , , , , ,

2 responses to “Junie 2012: Skotse Hooglande

  1. kristelloots

    14/06/2012 at 06:56

    So slim van jou – hierdie ‘dagboek’-inskrywings. Vir ons om saam te ry en vir jou om later na terug te kyk. Want ja, ek dink ook `n mens beweeg later in `n grys gebied, waar al die baie indrukke net te veel raak sodat jy by die terugkeer heel verward kan wees. Dit het al met my gebeur. Bly om te hoor jy hou nog kop . . . soort van.

     
    • Alta Cloete

      14/06/2012 at 09:45

      Met klem op die soort van …🙂

       

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: