Junie 2012: Isle of Skye

  1. Ek kan verstaan waar die plek sy naam gekry het.
  2. Jy voel die hele tyd jy is bo-op die wereld met ‘n oorweldigende hoeveelheid lug rondom jou.
  3. ‘n Verlate, wilde wereld – vol toeriste wat op die gladde teerpaaie rondjaag.
  4. Die gladde teerpaaie is egter meestal net eenrigting – met uitdraaiplekke wat soms tot avontuurlike oomblikke lei.
  5. Dalk is dit so beplan spesiaal om menseverhoudings te bevorder – almal lig darem vir almal ‘n hand by die voorgeeslag.
  6. Skape is rustige diere.
  7. As hul met rus gelaat word.
  8. Hulle raak so gewoond aan motors dat dit scary is (vir die motoris).
  9. Highland beeste is nie so dikwels te siene nie.
  10. Dalk het dit iets te doen daarmee dat hulle nie so sag en cuddly is soos hulle lyk nie?
  11. Isle of Skye het blykbaar vir die afgelope drie weke ongelooflike mooi weer – en dit grens aan ‘n droogte.
  12. Normaalweg reen dit blykbaar so twee keer per dag.
  13. Die distillery se die water is min en hulle produksie is laag.
  14. Volgens die gekultiveerde student is hulle whisky van hoe gehalte.
  15. En volgens my  beteken “die smaak ontplof in jou mond” eintlik maar net dat dit jou tong brand. 🙂
  16. Die Old man of Stor sal vir altyd in my geheue bly as ‘n plek waar ek vredig op my eie kon wees terwyl die manne mekaar in die bos verloor.
  17. Die wilde landskappe hier in die noorde bekoor my nog steeds.
  18. En die muggies skrik steeds nie vir koue pampoen nie.
  19. En jeughostelle met dieselfde aantal sterre is nie noodwendig op dieselfde vlak nie.
  20. Vandag oor ‘n week het ek en Nadia ons staan show agter die rug en vat ons die trein Manchester toe.

2 gedagtes oor “Junie 2012: Isle of Skye

  1. Het al begin wonder of jy onthou hoekom jy EiNtLik daar doer is. Ek is skoon op my senuwees dat jy en Nadia mekaar gaan misloop. Wie het die kaartjies in die hand???

    1. Ek kan jou verseker ek vergeet nie vir ‘n oomblik nie, Kristel! Oorversigtige ons het al weke gelede ons afspraak gemaak vir Maandagoggend 10:30 voor die National Gallery … en ek weet al ons kan mekaar hier ook met ons fone bereik. En ek vermoed ek sal as die reen opklaar en ek goed geslaap het, sien die National Gallery is net ‘n paar blokke hiervandaan. (Ek het solank ons SA vlaggies hier in twee plastiek potplante gesteek … ) Maandag se ontmoeting is eers net vir kuier en geesvang – Woensdag begin ons tog eers. Intussen wonder ek of dit groot sonde is om te bid dat die reen ophou??? 🙂 (Nie dat onse Bruce hom deur reen laat afsit nie, het hierdie week ‘n paaartie van ‘n show gehad in stortreen in Italie – klink of die Italianers net voortgedans het. Wonder of die SA tantes sal kan byhou??? 🙂 )

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s