Storieboekliefde hfst. 1, tweede toneel – Marile Cloete

Teen vyfuur die volgende oggend kan sy dit nie meer hou nie. Sy het haar voorgeneem om nie vir Marlise te betrek nie, maar nou het sy ‘n simpatieke oor broodnodig. Gelukkig weet sy Marlise is vroeg-vroeg op om te gaan draf.

  HELP! tik sy vervaard. Ek stuur 1e hfst – soek jou mening DRINGEND. Ben die boelie my in blik gedruk, wil vanoggend verslag hê.

Sy knip en plak haastig die eerste hoofstuk en stuur die noodroep vir Marlise. Haastig tik sy agterna: Skuus as jou draf beduiwel.

Die antwoord kom blitsvinnig: Nog nie weg, lees dadelik.

Net voor sy werk toe moet ry, kom die antwoord: Lyk na wannabe letterkunde, maar eintlik liefdesverhaal met potensiaal. Op die oomblik nie een van die twee nie. Baie werk nodig.

4 gedagtes oor “Storieboekliefde hfst. 1, tweede toneel – Marile Cloete

  1. Hallo Alta

    Ek geniet die boek alreeds, al is daar nog net twee hoofstukke uit.

    Ek moet ongelukkig net ‘n foutjie uitwys. Waar Ben vir Cecilia voorstel, sê hy haar van is Steyn, ipv Schoeman.

    Baie dankie vir lekker leesgenot.

    Groete van nog ‘n Paarliet Natascha Olivier

    1. Baie dankie!
      Dit is so dat die manuskrip nie professioneel geredigeer is nie, so foutjies is nie onmoontlik nie. Ek maak dadelik reg.

Lewer kommentaar