Die week voor die eerste redelik groot operasie wat ek in my lewe moet ondergaan, het ‘n onverwagse gevoel van afskeid gebring. Die laaste keer in ‘n lang tyd geoefen, die laaste keer in ‘n lang tyd gemaklik by ‘n bedding gaan sit en onkruid uittrek, ens. ens. En dis nie eens ‘n geval dat ek dodelik siek en swak gaan wees nie, dis bloot dat ek op krukke gaan wees. Hoe moet iemand dan nie voel wat ‘n werklik ernstige ding in die gesig staar nie? En veral, hoe moet iemand met ‘n terminale siekte dan nie voel nie?
Die bangwees vooraf (my spesiale talent) het alreeds verskeie insigte gebring. En baie vrese, natuurlik. En veral ʼn diep gevoel van waardering vir die baie dinge wat ʼn mens daagliks as vanselfsprekend aanvaar. Hier is ‘n vinnige paar:
Insigte:
· Ek vind dit moeilik om hulp te aanvaar.
· Die gedagte van nie selfstandig en onafhanklik wees nie, bring ʼn benoudheid op my bors.
· ʼn Gesonde persoon kan nooit werklik weet wat mense ervaar wat nie ten volle beweeglik is nie.
· Ek het ʼn vreeslike drang om alles perfek agter te laat as ek weggaan.
· En is blykbaar bang ons vergaan van honger, want ek skeep kos in vir ʼn vale.
Vrese:
Dat iemand in die hele proses met my lelik gaan wees.
Dat ek nie in die hospitaal kan slaap nie.
Dat ek nie dadelik die badkamer self sal kan gebruik nie.
Dat ek nie met die krukke gaan regkom nie.
Dat ek gaan neerslaan met die krukke.
Dat ek baie kwaai gaan word met my liewe man.
Dankbaarheid:
· Vir die vermoë om te kan loop.
· Vir privaat mediese sorg.
· Vir gekwalifiseerde mediese mense wat nog gaaf ook is.
· Vir vervoer van my eie.
· Vir jare van selfstandigheid en onafhanklikheid.
· Vir mense wat hulp aanbied.
· Vir my liewe man wat verstaan.
NS. As jy nog nie op YouTube gesien het nie, kyk asb. hier wat ʼn mens met krukke kan doen. En nee, ek gaan nie probeer nie! Maar die boodskap is obvious.
http://www.youtube.com/watch?v=_NIZIrzOXyU
Ag, Alta, hoe duidelik hoor ek/ons jou nie! Hoe goed verstaan ek/ons nie jou vrese nie. Voel gou my hand op jou skouer en hoor hoe ek vir jou sê: toemaar, toemaar, jy gaan oukei wees. En iewers in die toekoms gaan jy hierdie ervaring verwerk tot `n heerlike storie.
Hierdie sinnetjie gryp my aan die hart: Dat ek nie dadelik die badkamer self sal kan gebruik nie.
Kry vir jou `n skril klokkie en leer hoe om daardie klokkie goed te gebruik. En oefen om luidkeels te GIL as dit nodig raak. Daar gaan nie aan jou stembande geopereer word nie.
Jy kan maar weer ander dag gaaf wees wanneer jy weer sonder krukke in die dienende Martha se skoene kan stap.
Kyk televisie, die simpelste goeters denkbaar sodat jou brein glad nie hoef te werk nie. Leon Schuster – the best of … kreun … of miskien nie. Mooi LOOP!
Baie dankie hiervoor, Kristel!
Ken jou nie, maar baie baie sterkte Alta! Baie mense voel soos jy; ons se dit net nie hardop nie 🙂 Jy het baie guts. Voorspoed!!
Dankie vir die inloer, Riette!
Sterkte! Hoop jy sal nog volledig kan op- en afbons wanneer ons verlede jaar herhaal … in 2015/6 🙂
🙂 🙂
Jammer, maar dink net na dese gaan jy hardloop deur die woorde, by wyse van spreke…
Ons hoop so!!
Sterkte! Gelukkig weet jy die sleg gaan altyd weer verby. En jy weet ook van al die regte en goeie dinge wat jy moet doen om in die slegte tyd kop bo water te hou.
Ja, dit help om te weet – maar ons moet steeds DOEN! En dis die moeilike een.