RSS

Lekkerlitboek vir Augustus!

02 Aug

Ou bloedLAPA Uitgewers se Lekkerlit-kompetisie vir 2013 is in volle swang en is dit pas aangekondig dat Peet Venter se misdaadroman Ou bloed Augustus se Lekkerlit-boek vir Augustusmaand is.

In Ou bloed keer Kaptein Thys Krige, hoofkarakter in Venter se Dieper as die bloed, terug om ’n moorddadige kubersnuffelaar op te spoor.

Julie se Lekkerlit-boek was Kristel Loots se Die ander vrou, Mei s’n was Seisoen van vergifnis deur Alta Cloete en in Juniemaand kon Lekkerlit-lesers hulleself verdiep in Isa Konrad se Diva.

Daar sal nog twee Lekkerlit-boeke van die maand aangewys word en maandeliks sal R1000 op die spel wees, totdat lesers in Desember vanjaar vir hul gunsteling uit al ses sal kan stem. Die Lekkerlit-boek van die jaar sal gekies word en een gelukkige leser gaan R10 000 in die sak steek!

Ons hou vir jou duim vas!

Boekbesonderhede

Ou bloed deur Peet Venter
Boek se tuisblad
EAN: 9780799361292

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 02/08/2013 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: