RSS

Aartappelslaai met spek en feta

10 Mar

Hierdie slaai met klein aartappeltjies is regtig ongelooflik lekker. Mens kan maar sommige van die bestanddele (bv. suurroom en skil van suurlemoen) uitlaat sonder vreeslike gevolge.

750 g dwerg-aartappeltjies in die skil
60 ml olyfolie
1 ui, in kwarte en dan in dun skyfies gesny
25-30 ml matige kerriepoeier
125 ml hoenderaftreksel
75 ml droë witwyn
15 ml fyn appelkooskonfyt
30 ml blatjang
5 ml fyngerasperde suurlemoenskil
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
125 ml mayonnaise
125 ml suurroom
200 g spek, brosgebraai en in repies gesny
2 skywe fetakaas, in blokkies gesny
grasuie, in 2 cm-stukkies gesny om mee te garneer

1.     Kook aartapppeltjies in water met sout oor ’n lae-matige temperatuur vir 15-20 minute of tot net sag. Dreineer, plaas in ’n groot mengbak en skink dadelik helfte van olyfolie oor. Skud bak heen en weer om aartappeltjies met olie te bedek en laat afkoel.

2.     Sous: Verhit res van olie in ’n braaipan en soteer ui tot sag. Voeg kerriepoeier by en soteer vir nog ’n minuut of twee.

3.     Roer aftreksel, wyn, konfyt, blatjang en skil by. Verlaag temperatuur en laat vir 10 minute sonder deksel prut. Geur na smaak. Laat sous afkoel, meng mayonnaise en suurroom en roer sous geleidelik daarby in. Geur na smaak.

4.     Skep twee derdes van sous oor aartappels en skud die bak weer tot aartappeltjies met sous bedek is – dit werk beter as om met ’n lepel te roer, want die aartappeltjies breek dan nie stukkend nie. Strooi spek en feta oor en meng liggies deur. Skink nog sous oor indien verkies en skep in ’n mooi glasbak of slaaibord. Sprinkel grasuie oor en sit met res van sous voor.

Wenke:
– Voeg ’n paar druppels Tabascosous of 125 ml sultanas by indien verkies.
– Vervang spek met 10-12 peppadews, in repies gesny.
– Voor spek en feta bygevoeg word kan aartappels eers vir ’n paar uur in yskas gebêre word.

 

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 10/03/2019 in Resepte

 

Sleutelwoordw: , ,

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: