RSS

Category Archives: Resepte

Ek is nie die wêreld se beste of mees entoesiastiese kok nie, maar so af en toe beleef ek ‘n (kortstondige) oomblik van inspirasie …

Heleen se heerlike groentekerrie!

GroentekerrieVang ek verlede week op rsg net die stertkant van Martelize Brink se gereelde gesprek met Heleen Meyer en hulle is met hul gewone entoesiasme oor ‘n resep vir groentekerrie aan die praat. Die gedagte aan ‘n vegetariese gereg gee natuurlik hierdie Karookind die wilde weghol. Maar ons probeer mos onse grense gereeld verskuif, so ek hou aan luister.

Toe Helene sê ‘n mens kan die eiervrug in die resep met iets anders vervang, het sy dadelik my aandag. Nie net omdat ek nie erg oor eiervrug is nie. Ek hou eenvoudig daarvan om aan resepte te peuter. Weet nie altyd of dit van slimgeit of domgeit is nie. En ek hou van goeters wat ek na willekeur minder of meer kan maak.

Hier is die basiese resep: Read the rest of this entry »

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , ,

‘n Onwaarskynlike slaai!

BotterskorsieRou butternut? Ek wou dit ook nie glo nie – en dis die enigste rede hoekom ek hierdie weird reseppie (op Tjailatyd op rsg gehoor) probeer het. En natuurlik omdat dit weinig meer vaardighede vereis as dat jy die rou botterskorsie moet kan skil en rasper en ‘n blikkie en ‘n pakkie moet kan oopmaak.
Die resultaat was vir my ‘n aangename verrassing. Ek sal dit nou  nie vir die koningin voorsit nie, maar vir so min moeite is dit ‘n welkome verandering by die braai. (Wie weet, dalk gebruik die koningin dit elke Vrydagaand as hulle braai!)
  • BESTANDDELE

    Rou Botterskorsie (geskil, ontpit en fyn gerasper)
    1 blikkie fyn pynappel met sous
    1 pakkie perskejellie (ja, ‘n mens Read the rest of this entry »

 
8 Kommentaar

Posted by op 20/01/2013 in Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Gesonde groentesop!

My voorneme van vrugte en jogurt om die lente te vier, het vandag gou verdwyn voor die yskoue suidewind wat vroegoggend opgesteek het. Die vinnigste alternatief? Ouboet se groentesop.

Die tyd vir wonderwerke is sowaar nog nie verby nie. Wie sou kon dink ek sou ooit so ‘n resep van hierdie spesifieke seunskind kon aanhaal? Beslis nie hierdie ma nie! Waar is die dae toe ek die manne met ‘n vissie (‘n lewendige een vir die vistenk!) moes omkoop om elk ‘n bordjie sop te eet? En moenie dink ek het gewaag om so ‘n gesonde en verslankende weergawe te kook nie. O nee, destyds se soppe het amper meer Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 03/09/2012 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Die Groen Konkoksie!

Groot was my verwondering die afgelope vakansie toe ek weer sien hoe ver die liewe kind wat as seuntjie bleek en bewerig geword het as jy ‘n bord groente voor hom neersit, sedertdien gevorder het. Praat van gesond eet – genoeg om ‘n ma verbouereerd te maak!
Die grootste nuutjie was die Groen Konkoksie (ook gedoop die Groen Dood :)) – ‘n groente shake met bestanddele wat my aanvanklik die jitters gegee het. Basies bevat dit ‘n paar bestanddele wat van die goed is met die hoogste voedingswaarde gekombineer met die laagste energielading. Dis ook veronderstel om alkalies te Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 05/02/2012 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Terugblik: Sago melkkos

Vinnig en maklik vir die laaste stuiptrekkings van die winter:
100ml sago
1 liter melk
30ml botter/margarien (of sommer net ‘n stukkie)
2 eiers (ek maak dit soms 3)
75ml volkoringmeel (2e opgehoop)
20ml vlapoeier (1e nie opgehoop)
2ml sout (knippie of twee)
125ml water
Kaneelsuiker Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 21/09/2011 in Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Resep vir sop-sonder-resep

Hier is my resep vir vandag se variasie van voedsame en vullende sop wat nie regtig ‘n resep het nie. Dit maak genoeg vir minstens vier honger mense. Hoe dik dit is, hang af van hoe groot jou pot is.

Drie groot hoenderborse met been en vel en al

Een of twee uie, afhangende of jy lief is vir ui

1k sopmengsel (daai goedkoop sakkies met koringkorrels, ertjies en lensies in)

Laat week die sopmengsel minstens Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 13/08/2011 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , ,

Hoender-en-sampioenslaai

Aangesien dit vanjaar in Julie somer geword het, gee ek ons maar ‘n slaaitjie vir die somer!
10ml olyfolie
100g ontbeende hoenderborsies, in repe gesny
Varsgemaalde sout en swartpeper na smaak
1 rooi-ui, in kwarte gesny
250g Denny Baby Button sampioene Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 02/08/2011 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , ,