RSS

Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur aan Jaco Jacobs en Zinelda McDonald!

16 Apr

Moenie hierdie boek eet nieLAPA kondig met trots aan dat Jaco Jacobs en Zinelda McDonald die wenners is van die Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur, die wenpublikasie is die rympiesboek Moenie hierdie boek eet nie!

Dié prys word deur die Akademie van Wetenskap en Kuns toegeken aan ’n boek vir lesers van sewe tot twaalf.

Hoe lank is ’n weerwolf se humeur? Is enige iets erger as skottelgoed was? Wat soek jou ouma op die Pick n Pay se dak? Hoekom dra bere nie klere nie? Bestaan daar iets soos ’n spaghettiboom? Wat moet jy doen as ’n renoster jou jaag?

Jy sal die antwoorde op al hierdie vrae vind in Moenie hierdie boek eet nie!

Dié lawwe lekkerlagboek bevat 365 rympies (en ’n bonusrympie vir ’n skrikkeljaar) wat kinders (én grootmense!) heeljaar sal laat skaterlag!

Daar is rympies oor oupas en oumas, goggas, krieket, ruimtevaarders, seerowers, spoke, skooltoilette, erdvarke, Kersvader, krokodille, volstruismelk, Valentynsdag, en dinge wat baie sleg ruik!

* * *

Moenie hierdie boek eet nie! is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

Advertisements
 
1 Kommentaar

Posted by op 16/04/2019 in Afrikaans, Boeke, Humor, Lees, Skryf, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , ,

One response to “Alba Bouwerprys vir Kinderliteratuur aan Jaco Jacobs en Zinelda McDonald!

  1. seegogga

    17/04/2019 at 05:21

    Lyk na ‘n oulike boek vir my kleinkinders

     

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

 
%d bloggers like this: