bottelnek breek bek – Dianne du Toit Albertze

 Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags in straight bars en op donker sypaadjies sluimer nie.

Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander. Verlies dryf Dora na die verkeerde kant van die stad, maar die witpyp bring slegs tydelik verligting. Eindelik word sy deur ma Helen by die huis in Woodstock uitgesmyt, en het sy geen keuse nie as om terug te keer na haar ma- en pa-goed in die Noord-Kaap.

Terug na daardie woestynland waar sy weer Daantjie is, en al die ander spoke van die verlede moet trotseer. Wat is huis? wonder sy. En waar lê die skeidslyn tussen bloed en water?

Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.

dissie die eerste keer wat ekkie storie vertel nie

vra maar my sisters

die geskeurde sykouse

emily in my maag

my boetas

die entjiestompies langsie pad

my grootma se jirre

my g-strings oppie draad

die koppies van namakwaland

coco chanel op my neus

one-night bags

die sjambokmerke op my rug

gechipte painted naels

volmane waarna gehuil was

die anti-debras

stomp eyeliner

die anties wat my ma wou wees

poephol-harriets

button in my brein

die catcalls

everyday suicide attempts wat everyday debra word

opgefrommelde kakpapier met bloedkolle

die geskeurde reënboogvlag

meth in my mond

dissie die eerste keer wat ekkie storie vertel nie

ek wil maar net weet waar om my bottelnek te bêre

Oor die skrywer

Dianne Du Toit Albertze is gebore op 5 Oktober 1995 en woon op Springbok in die Namakwaland. Sy studeer drama aan die US en behaal in 2018 ’n honneursgraad in regie. In 2020 ontvang sy die Nati-jongsterre-toekenning vir beste produksie met haar verhoogteks Kaap by die Suidoosterfees. bottelnek breek bek is haar debuutroman.

Inligting van die uitgewer

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s