Storieboekliefde hfst. 3, tweede toneel (1) – Elize Davies

Sjoe, hy het al vergeet hoe daardie blou oë kan blits wanneer sy haar vererg. Het hy nou te ver gegaan? wonder Stefan geamuseerd.

Dalk het hy. Cielie se gesig is geslote en haar bewegings is stokkerig toe sy afbuk en haar handsak optel. Sy stoot haar stoel agtertoe en staan op. Haar rug is pennetjieregop en haar skouers is stokstyf. Ja-nee, sy is woedend.

 Goed so. As hy haar nog kwaad kan maak, beteken dit hy laat haar nie koud nie.

5 gedagtes oor “Storieboekliefde hfst. 3, tweede toneel (1) – Elize Davies

Lewer kommentaar