Storieboekliefde hfst. 2, toneel 2 – Bets Smith

Stefan stoom nog van ergernis toe hy sy voertuig se sluitstelsel deaktiveer en die deur oopruk. Hy het geweet hy maak ‘n fout om nie daardie manuskrip te herlees voor hy dit ingee nie, het vermoed Ben se entoesiasme daaroor is oordrewe. Cecilia se raaiskoot dat dit ‘n omkoopgeskenk was, het net sy vermoedens bevestig.

Hy was so bly om haar te sien dat hy haar kritiek op die storie maklik sou kon aanvaar. Die skok van haar kil reaksie op hul weersiens was vir hom veel pynliker. Die voorstel om sy storie – indirek húlle storie – te vervlak tot ‘n romanse waaroor kletsende vroumense by teepartytjies oe en aa was die toppunt van minagting.

Hy skakel die voertuig aan en trek weg. Die aksie word begroet met ‘n getoeter wat aan die klankgrens raak. Die vingertaal wat daarop volg, lei tot die besef dat hy nie sy flikkerlig gebruik óf vir aankomende voertuie gekyk het voordat hy in die verkeer ingedruk het nie.

1 gedagte oor “Storieboekliefde hfst. 2, toneel 2 – Bets Smith

Lewer kommentaar