Storieboekliefde hfst. 1, eerste toneel – Marile Cloete

“Juffrou Schoeman, kyk vir my na hierdie manuskrip, asseblief?” Ben Barnard se imposante figuur is genoeg om enige werknemer ‘n bietjie senuweeagtig te maak. Veral as jy ‘n splinternuwe werknemer is en self nog wonder of jy die pos as uitgewer van romantiese fiksie by Kanniedood-Uitgewers werd is.

Cecilia sluk ‘n slaggie en trek haar skouers doelbewus ‘n ietsie agtertoe. “Sekerlik, meneer. Is daar iets spesifieks waarvoor ek moet oplet?” Die manuskripte vir liefdesverhale word direk na haar gestuur en is nie veronderstel om met die intrapslag by die hoof van fiksie te beland nie. Sy moet dus aflei dat hierdie een ‘n letterkundige werk is.

Letterkundige manuskripte is Ben Barnard se domein. Waarom stop hy dit nou in haar hand? Werk hy regtig nog met papierweergawes van sy manuskripte? In watter eeu leef die man? Sy vermoed hier is iewers ‘n vangplek, sy kan dit net nie so vinnig raaksien nie.

6 gedagtes oor “Storieboekliefde hfst. 1, eerste toneel – Marile Cloete

  1. Baie interessante inleiding. Ek geniet dit om vir die eerste keer regtig ‘n LIEFDESVERHAAL te lees. Het nog nooit vantevore nie. Baie goeie leer-ervaring vir my as skrywer.

Lewer kommentaar