Cecilia ruk terug asof ‘n slang haar gepik het. Nog boeke glip uit haar hande en beland op die vloer.
“Marnus?” kom sy eerste tot verhaal.
Stefan buk en tel die boeke tydsaam, een vir een op. Toe kom hy regop.
Die man wat hande-in-die-sye by die deur staan, is korter as hy, en stewiger gebou, met kort blonde hare en ‘n donker frons op sy gesig.
“Wie is dié ou, Cecilia, en wat maak julle in jou kamer?”
En daar verloor Marnus dadelik die guns van die lesers deur te verwys na “liefdesverhaaltjies”
🙂
Die swaap het sommer dadelik my guns verloor. Ek is ook kort en stewig – gedink die ou en ek kan dalk iets in gemeen he. Maar nou verwys hy na “liefdesverhaaltjies”. Stupid vent.
🙂 🙂
Indrukwekkende en boeiende hoofstuk. Aai laaik trimendislie.