Storieboekliefde hfst. 2, eerste toneel – Bets Smith

“Goeie hel, maar die verditste advokaat is skouspelagtig as hy hom so lekker wip.” Sy praat alweer met haarself.

Die kantoordeur wat Stefan redelik onsag laat toeklap het, vlieg oop. Cecilia skrik haar op haar voete, maar dis Marlise wat inbars. “Jimmel tog, Cielie, wie is die fenomenale man? Ek het lanklaas hier in die stad so ‘n man der manne raakgeloop.” Haar wange is rooi en haar oë skitter.

Cecilia syg neer in haar stoel. “Dis die baas se stiefseun.” Die woorde piep te voorskyn sodat sy keelskraap om ontslae te raak van die styfheid in haar stembande. “Advokaat van Huyssteen.”

“O bliks… emmer.” Marlise se oë rek en haar hand vou om haar mond. “Stefan van Huyssteen?”

3 gedagtes oor “Storieboekliefde hfst. 2, eerste toneel – Bets Smith

  1. Ek geniet die storie terdee. Dis baie vindingryk geskryf. En wat vir my belangrik is, is dat mens die “prentjies” sien terwyl mens dit lees – asof mens ‘n film sit en kyk.

    Dis net dieper as ‘n film, want mens sien tot binne-in Celia se gedagtes.

    Baie lekker leesstof.

Lewer kommentaar