RSS

Tag Archives: Woordfees

US Woordfees Leeskring skop hierdie week af!

KostalgieDie Universiteit Stellenbosch Woordfees bied met trots aan: US Woordfees stel eie leeskring bekend!

Die eerste US Woordfees Leeskring vind op 18 September plaas. Skrywer, joernalis en kosfundi Barbara Joubert (van Sarie en Sarie Kos) deel die stories agter haar nuwe boek Kostalgie met Madri Victor. Barbara roem haar daarop dat sy ʼn nuwe gereg kan proe voorddat sy dit maak. Klotalgie is ʼn nostalgiese reis deur lande soos Protugal, Frankry en Brittanje, maar ook die Karoo-kombuis van haar jeug.

Bespreek vir die eerste byeenkoms by http://online.computicket.com/web/event/boekklub_barbara_joubert/957962936/0/67992104

Op 29 Oktober gesels Madri Victor met Alta Cloete oor Opdrag van Oorkant. Theresa Beyers se ontroue eksman gee as’t ware Read the rest of this entry »

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 14/09/2015 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Marike se laaste dans – Deborah Steinmair

Die agterblad van dié bedrieglik dun en kleurlose boekie lees soos volg:

Maud se ouma was ‘n siener. En ook Maud word bloots gery deur visioene en drome. Wanneer sy die dag vir Marike de Klerk by die robot sien staan, “roerloos soos ‘n stilfoto”, hou sy met skreeuende bande stil en bied haar ‘n geleentheid aan.
So begin ‘n sonderlinge vriendskap. Ná sewe jaar is Marike, voormalige presidentsvrou, steeds in die Wagkamer: voor sy verder kan reis, is daar iets wat sy moet aanspreek, ‘n vorm van afrekening. Maud weer het pas haar hoeveelste werk verloor, hierdie keer by die groot mediatoring naby die hawe, en sy is moedeloos. Maud het, net soos Marike, sonder kompas op die see verdwaal, en sy dobber tussen minnaars, moederskap en periodieke werkloosheid rond.

“Verbeeldingryk, digterlik, eroties, geseën met die reddende krag van humor.” – Hettie Scholtz

‘n Mens moenie hierdie boek op sy jassie beoordeel nie. Ook nie op sy dikte nie. Of liewer sy gebrek aan dikte. Dis ‘n besondere boek, ‘n weird boek, ‘n boek wat Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 14/04/2011 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Woordfees 2011: Vyf, nee ses, formidabele vroue

Die Boektent by die Woordfees is besig om ‘n mekka vir Afrikaanse skrywers te word. En dan veral ook vir nie-letterkundige skrywers. En hulle is mense wat maar dikwels aan die agterste speen drink, hoewel dit algemeen bekend is dat hulle verkope dikwels dié van die letterkundiges moet subsidieer. (Ja, ja, ek weet dis ‘n kontroversiële stelling – maar dis nie nou die punt nie! Ook nie die feit dat daar steeds deeglik Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 11/03/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Woordfees 2011

Ek het lankal op die harde manier uitgevind dis nie altyd so maklik om ‘n fees hier naby by te woon nie. Jy kan nie uittree uit jou daaglikse lewe en vir ‘n paar dae heeltemal weggaan en in ‘n salige vakuum van bitter min verantwoordelikheid jouself oorgee aan die plesiere van feeshou nie. Nee, jy hang die wasgoed op, jaag na ‘n show toe, kom maak iets reg vir aandete, jaag vir nog ‘n show …  Faktore wat die Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Heildronk op ‘n gypsyromp – Nadia de Kock

Heildronk op ‘n gypsyromp was een van die aangename verrassings van my leesjaar tot dusver. Ek het kennis geneem van sy (haar) verskyning, maar nie moeite gedoen om dit in die hande te kry nie. Maar as ‘n nuwe boek per ongeluk (geluk) voor my op die trollie lê, gryp ek!
Daar was al redelik diskoers oor of ons nou eintlik chick-lit in Afrikaans het, of ons dit wil hê of nie, of dit ‘n genre met bestaansreg is of nie, ens. ens.  Na my mening is Gypsyromp volbloed chick-lit en probeer dit niks meer of minder wees nie – en dis waarskynlik wat dit geslaagd maak.
Sover ek weet is drie dinge belangrik in chick-lit: ‘n professionele enkelvrou, gewoonlik so skuins oor die dertig, haar loopbaan en haar vriendekring (urban clan). En dan eers kom haar liefdeslewe. Daar is dus gewoonlik ‘n liefdesverhaal betrokke, maar dis nie noodwendig die belangrikste element in die storie nie.
Mieke is ‘n kleurvolle, impulsiewe, kreatiewe, warm Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,