RSS

Tag Archives: Weskus

‘n Absolute gunsteling: Soetloop – E. Kotze

Soetloop“’n Stilte volg waarop hulle die vinger nie kan lê nie, maar wat onteenseglik daar is. ‘n Onaantasbare energie soos die suidewind, die gesuis van die see, ‘n laaste asemtog. Die dogters omarm mekaar.

Kattie is nie meer nie. Die boek is toegemaak, die laaste bladsy is gelees.”

So eindig Soetloop, wat heel moontlik E. Kotze se laaste boek kan wees. Sy is alreeds in 1933 gebore; dis ‘n wonderlike genade om op dié rype ouderdom nog so ‘n besondere boek van haar te ontvang.

Opgewekte leesstof is Soetloop nie. Soos al haar boeke word ook hierdie een bevolk deur oudgewerkte, verarmde mense in ‘n wrede landskap. Eenvoudige mense wat worstel om ‘n bestaan uit die harde aarde te maak, kinders wat van kleins af hard werk en met min tevrede moet wees, vrouens (en dikwels mans ook) wat nie veel Read the rest of this entry »

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , , ,

Hoogty – E. Kotze

Die agterblad beskryf E. Kotze as ‘n kenner van mense, van die see, en van die troebel en helder waters waardeur verhoudings gaan. ‘n Mens kan dit kwalik beter stel. Ek geniet al jare haar ongelooflike boeke oor die Weskus en sy mense. Afgesien van die pragtige stories, is haar boeke ook die optekening van ‘n vergange era in ‘n streek wat alreeds onherkenbaar verander het.

Hoogty vertel die verhaal van Helena Burger wat op Flaminkbaai opgroei en daarin slaag om weg te breek, hoërskool en tegniese kollege toe te gaan en (vir daardie tyd en vir haar gesin) die dapper stap doen om in die Vrystaat te gaan werk. Daar ontmoet sy wonderlike mense en word haar horisonne nog Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 20/08/2011 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,