RSS

Tag Archives: verandering

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Depression busters!

Met ‘n onlangse ontmoeting kon ek sien hoe ‘n kosbare vriendin stadig maar seker aan die opstaan is nadat sy die bodem hard geslaan het. Hier is ‘n paar van die waarhede wat sy al baasgeraak het of besig is om vordering mee te maak (en waaraan ek ook nog elke dag kliphard aan die leer is):
1. Iets wat jare geneem het om te ontwikkel, kan nie sommer so vinnig-vinnig herstel nie – dit gaan TYD neem.
2. As een of twee dinge in jou lewe verkeerd is, beteken dit nie dat ALLES nou meteens verkeerd is nie. Leer om die dinge wat REG is, ook raak te sien.
3. Soms (dikwels?) is medikasie NOODSAAKLIK. Maar dis nie die hele oplossing nie. Depressie het emosionele, geestelike en sosiale aspekte ook. En hulle moet ook aandag kry. Medikasie kan jou oplig, sodat jy die moed en krag het om aan die ander aspekte te werk.
4. Wanneer jy aan die veg is teen depresssie, dis dit nie ‘n goeie tyd om groot besluite te neem of groot take aan te pak nie.
5. Die vrees vir verwerping is waarskynlik die heel grootste menslike vrees. Amper alles wat ons doen, word gemotiveer deur daardie vrees. As ‘n mens dit aanvaar, verstaan jy jouself en ander mense dadelik ‘n bietjie beter.
6. Mense hoor dikwels nie wat jy vir hulle probeer sê nie. Aan die een kant is dit JOU verantwoordelikheid om so effektief en duidelik as moontlik te kommunikeer. Maar ‘n mens moet ook besef die ander persoon het ook sy eie vrese, persepsies, vooroordele en ervarings wat almal beinvloed HOE hy gaan hoor wat jy probeer sê.
7. NIEMAND kan dit VIR jou doen nie. Jyself moet volle verantwoordelikheid neem vir jou lewe. En dikwels het ons medikasie nodig om ons te help met krag en energie vir hierdie taak.
8. Die oomblik as jy ‘n las begin deel, word dit dadelik ‘n bietjie ligter. GEHEIMHOUDING WERK NIE!!! Sodra jy met jou vriendinne begin deel dat jy swaarkry, pille gebruik of dalk in die hospitaal was met depressie, begin hulle dikwels hul eie swaarkry met jou deel.
9. Oefening is goud werd vir depressielyers. Matig en rustig, soos jy kan. Jy hoef nie ‘n marathon te hardloop nie. Dankie tog!
10. Belonings WERK. As jy iets reg gedoen het (vergeet vir ‘n oomblik van alles wat jy verkeerd gedoen het!) – beloon jouself! Klein dingetjies, wat maklik uitvoerbaar is.
11. Terapie is noodsaaklik. Pille los nie die hele probleem op nie. SOEK tot jy ‘n terapeut kry by wie jy aansluiting vind. MOENIE sit en sukkel by iemand met wie jy nie regtig kan kommunikeer nie.
12. Gesonde eetgewoontes help werklik. Te veel trooskos troos op die lange duur glad nie.
13. Dis nie ‘n sonde om soms hulp te vra nie. Dis ook nie ‘n sonde om soms nee te sê nie.
14. Gelowiges kan ook depressief word. Dis nie sonde nie. Dis ook nie ‘n teken van ‘n swak geloof nie.
15.Wanneer ‘n depressielyer eers verander het in ‘n depressieVEGTER, kan dit net beter gaan!

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Random gedagtes: Werk jou eie heil uit!

Jare lank het ek rondgeswerf tussen pole van hoop en geloof en wanhoop en sinisme en ontnugtering. Ek was altyd daarin geinteresseerd om die lewe voluit te lewe en nooit met tweede beste tevrede te wees nie. Maar dit was ‘n gesukkel. Om die minste te sê.
Ek weet nie hoeveel pienk boekies oor verskillende onderwerpe het ek gelees nie. Hoe om aan jou huwelik te bou, hoe om jou kinders groot te maak, hoe om depressie te oorwin, hoe om deur die geloof te leef, hoe om meer te bid, hoe om …. Ek het stadigaan agtergekom daar buite is mense wat onfeilbare raad het vir ELKE probleem wat ‘n mens ooit kan hê.
Ongelukkig het niks regtig gehelp nie. Die lewe wou nie permanent fantasties word nie. Nee, hy het moeilik gebly (ten spyte van soveel seëninge – ondankbaar is ek regtig nie!) en ek het stadig almeer sinies geraak. Want niemand se raad het REGTIG enigiets verander nie. Nêrens kon ek iets vind wat vir AL my hangups help nie!
Nou, aan die verkeerde kant van vyftig, begin ek eers (hopelik!) so stadig agter die kap van die byl kom. Doodeenvoudig: Neem kennis van alles en almal se sieninge – maar doen wat JY wil, wat vir JOU werk.  Haal uit elke boek of kursus of gesprek dit wat vir jou sin maak. Begin sit al hierdie brokkies bymekaar om jou eie, regte, egte legkaart te vorm. Een wat soos niemand anders s’n gaan lyk nie.
Of dit op die lange duur gaan werk?  Ons sal maar moet sien!

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Madiba: Les 4-6

4. Lei van agter af:
Om vanuit die agterhoede die rigting aan te dui, is in ‘n sekere sin vir Mandela slegs ‘n versluierde manier om van voor af te lei. Maar hy verstaan ook die beperkinge van enige persoon se leierskap, selfs sy eie. Toe hy uit die tronk gekom het, was hy ‘n soort Afrika-Rip van Winkel. Vriende en kollegas moes hom inlig oor alles onder die son: vroueregte, die moderne media, MIV en vigs, en dosyne ander onderwerpe. Dit was noodsaaklike remedierende onderrig, maar ook ‘n demonstrasie van die Afrika-idee van kollektiewe leierskap. Reeds sedert sy kinderdae het hy geweet dat kollektiewe leierskap oor twee beginsels gaan: die groter wysheid van die groep vergeleke met die van die individu, en die groter belegging van die groep in enige uitslag wat deur konsensus bereik word. Dit is ‘n wen-wen-situasie.
Om van agter af te lei, werk op soortgelyke wyse: jy bereik die verlangde resultaat op ‘n eensgesinde manier. Dis tot voordeel van ander en van jouself.
5. Laat jou voorkoms by jou rol pas:
Ons glo dit is reg om mense volgens hul persoonlikheid te oordeel, maar Nelson Mandela het besef dat jou voorkoms soms die beste manier is om jou persoonlikheid aan ander te toon. Mandela was nog altyd bedag op die voorkoms van dinge – van die kleur van sy hemp tot die manier waarop ‘n beleid vir sy ondersteuners kan voorkom tot sy liggaamshouding. Hy sal nooit iemand aanraai om ‘n persoon nie altyd op sy baadjie te takseer nie, want hy weet ons doen dit almal. Hoewel hy ‘n man van inbors is, glo hy dit is onsinnig om te beweer dat voorkoms nie ‘n rol speel nie. Voorkoms tel wel, en ons het net een geleentheid om ‘n eerste indruk te maak.
6. Leef volgens ‘n kernbeginsel – die res is taktiek:
Nelson Mandela is ‘n man met vaste beginsels – maar hoofsaaklik een: gelyke regte vir almal, ongeag ras, klas of geslag. Die res is feitlik alles taktiek.
Dit klink dalk na oordrywing, maar min mense is bewus van die feit dat Mandela ‘n deurwinterde pragmatis is wat gewillig was om kompromiee aan te gaan, te verander, aan te pas en sy strategie te verfyn, solank dit hom na die beloofde land sou lei. Byna alle middele het daardie edel doel geheilig. In die SA van die 1980’s en 1990’s het dit een ding beteken: die omverwerping van apartheid en die daarstelling van ‘n nierassige demokrasie met stemreg vir almal. Punt.
Mandela is al bestempel as ‘n profeet, ‘n heilige, ‘n held. Wat hy nie is nie, is ‘n naiewe realis. hy is ‘n idealistiese pragmatis, dalk selfs ‘n edelmoedige een, maar op die ou end gaan dit daaroor om dinge gedoen te kry.

 Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

 
Lewer kommentaar

Posted by op 17/08/2010 in Inspirasie

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Random gedagtes: Die storie van die perd en die water …

Die oumense het gese jy kan ‘n perd tot by die water lei, maar jy kan hom nie maak drink nie. Nou ja, ek het die perd byna versuip, maar drink wou hy nie drink nie.
‘n Mens dink jy gee iemand die kans om sy lewe te verbeter, sy omstandighede te verbeter, sy kinders se omstandighede te verbeter. Jy sien foute oor, jy kry jammer, jy gee alles wat jy kan. Jy praat, jy preek, jy raas. Jy moedig aan, jy prys, jy preek nog ‘n keer. Sien nog ‘n paar foute oor …Maar later kom jy agter dit was alles tevergeefs.
Ek het gedink ek is alreeds oud en sinies. Nou kom ek agter die proses is steeds aan die gang.

 
1 Kommentaar

Posted by op 27/07/2010 in Random gedagtes, Stres

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Wat is life coaching?

Lewensafrigting is ‘n manier om jou volle potensiaal te bereik. Dit word gedoen deur ‘n proses wat fokus op maniere om die denk- en gedragspatrone wat jou in die verlede teruggehou het, op te spoor en uit te wis.

‘n Mens word toegerus met spesifieke tegnieke wat reeds bewys het dat hul werk. Lewensafrigting is ‘n benadering wat op oplossings gemik is en kan ‘n mens help om blywende verandering te maak in enige area van jou lewe.

Begin jy elke lente oefen en teen Desember het jy alweer tou opgegooi?

Begin jy elke Januarie dieet en die volgende Januarie weeg jy meer as ooit?

Het jy ‘n droom om te skryf of ander skeppende werk te doen, maar jy kom net nie sover om dit uit te voer nie?

Verwag jy jou eerste baba en wil dinge graag op ‘n manier aanpak wat vir jou en jou wederhelfte gaan werk?

Beplan jy ‘n nuwe loopbaan?

Wil jy graag enige ander verandering in jou lewe aanbring?

Lewensafrigting is vir jou!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 29/04/2010 in Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,