RSS

Tag Archives: Soetloop

‘n Absolute gunsteling: Soetloop – E. Kotze

Soetloop“’n Stilte volg waarop hulle die vinger nie kan lê nie, maar wat onteenseglik daar is. ‘n Onaantasbare energie soos die suidewind, die gesuis van die see, ‘n laaste asemtog. Die dogters omarm mekaar.

Kattie is nie meer nie. Die boek is toegemaak, die laaste bladsy is gelees.”

So eindig Soetloop, wat heel moontlik E. Kotze se laaste boek kan wees. Sy is alreeds in 1933 gebore; dis ‘n wonderlike genade om op dié rype ouderdom nog so ‘n besondere boek van haar te ontvang.

Opgewekte leesstof is Soetloop nie. Soos al haar boeke word ook hierdie een bevolk deur oudgewerkte, verarmde mense in ‘n wrede landskap. Eenvoudige mense wat worstel om ‘n bestaan uit die harde aarde te maak, kinders wat van kleins af hard werk en met min tevrede moet wees, vrouens (en dikwels mans ook) wat nie veel Read the rest of this entry »

Advertisements
 
 

Sleutelwoordw: , , , ,