RSS

Tag Archives: selfmoord

Resensie: Net ‘n mens

NET 'N MENS voorbladMin karakters het nog so hardnekkig by my gebly soos Willem en Sanet van Net ‘n mens. Met elke storm oor gaywees wat die media tref, besef ek weer eens ek het nie hulle swaarkry oordryf nie. Hulle stryd is fiksie, maar hulle stryd is ook werklikheid vir baie mense. Ook die uitweg van selfdood wat Willem gekies het, is ongelukkig alte dikwels die werklikheid vir gay mense. Riette Rust het my karakters deeglik verstaan. Hier is wat sy oorspronklik vir FMR oor Net’ n mens geskryf het:

Alta Cloete is bekend vir lekkerleesverhale. Hoewel sy al die jare romanses en liefdesromans skryf, is Net ’n mens en sy voorganger, Opdrag van oorkant, ietwat meer gewigtig. Dié skrywer skroom nie om seksuele  en sosiale kwessies aan te spreek nie. Tog is Net ’n mens ’n toeganklike leeservaring. Ook ’n storie vol hoop.

Kort ná ’n bekende skrywer se dood, sterf sy uitgewer ook. Dit word duidelik dat Willem, sy prokureur, en die uitgewer se band nie bloot vriendskaplik was nie. Willem se vrou, Sanet, besef dat daar in haar huwelik iets op seksuele gebied skort, maar sy gee haar groot lyf die skuld en laat haar kosverslawing weer Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Wanneer alles te veel word

Depressie 2Hierdie is ‘n stokou post, maar vandag weer relevant omdat dit selfdoodvoorkomingsdag was:

Ek het onlangs die twyfelagtige voorreg gehad om ‘n dierbare tannie van 88 te probeer bystaan na die selfdood van haar enigste (stief)seun. Die eerste ding wat ek besef het, is dat dit irrelevant is dat hy haar stiefseun is. Sy het hom liefgehad en hy was haar kind, bloedfamilie of nie bloedfamilie nie.
Gelukkig het ek al geleer ‘n mens hoef nie met allerhande goedkoop wysheid en trooswoorde by so iemand aan te kom nie. En dankie tog vir die drukkie-kultuur waarin ons deesdae leef, want ook hier geld die bekende actions speak louder than words. En daar is min sulke eenvoudige aksies wat soveel sê soos ‘n doodgewone drukkie.
Deur die genade het ek nog nie iemand naby aan my so verloor nie. Maar ek het al rondom my genoeg gesien van die verwoesting wat selfdood saai in die mense wat agterbly. En ek was al daar waar ek dit self oorweeg het (lank, lank gelede in ‘n vorige lewe van probeer wees wat ek nie regtig is nie).
In die proses het ek ‘n paar dinge geleer.
Eerstens: Na my mening is selfdood nie ‘n lafhartige daad nie. Dit vat veel meer as ‘n lafaard om so-iets te dink, wat nog te sê uit te voer. Selfdood is ‘n wanhoopsdaad wat met lafhartigheid niks te make het nie.
Tweedens: Die gedagte/begeerte om ‘n einde aan alles te maak, is ‘n ding wat jou stilletjies, ongemerk kan bekruip. Vandag duik hy hier vinnig op, more steek hy sy kop op ‘n ander plek uit … Voor jy jou kom kry, is jy gewoond aan hom. En hy begin lyk vir jou na ‘n oplossing.
Derdens: Die skade aan die mense wat agterbly is onberekenbaar. En ek dink grootliks onherstelbaar. As so ‘n wanhopige persoon net ‘n vinnige toekomsflits van sy mense se smart en verwarring kon sien, sou dit waarskynlik vir die meeste mense genoeg wees om hulle twee keer te laat dink.
Vierdens: Die mense wat agterbly, ervaar geweldige hartseer en geweldige skuldgevoelens. Maar ook woede. En hulle besef nie altyd dis heeltemal normaal nie.
Vyfdens: Die algemene publiek staan geweldig onverskillig teenoor selfdood en veroordeel so ‘n persoon baie maklik. Jan Alleman het duidelik nie die vaagste benul van die soort wanhoop wat ‘n medemens tot so-iets kan dryf nie.
Sesdens: ‘n Selfdooddreigement moet altyd, altyd, altyd ernstig opgeneem word. Dis ‘n noodoproep, ‘n roep om hulp.
Sewende: Depressie speel dikwels ‘n rol. Depressie moet nie onderskat word nie. Nooit nie.
Nommer ag: Daar is nog Christene wat maklik vinger wys na selfmoordenaars en reken hulle gaan reguit hel toe. My mening? ‘n Mens moet altyd onthou minstens drie vingers wys na jou self …
En laastens: Die lewe is oneindig kosbaar. Vier dit solank jy die kans het! Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: Destigmatiseer depressie en selfdood só

Ek het die vrymoedigheid geneem om die volgende brief aan Die Burger van prof. Lizette Rabe, bekende joernalis en akademikus, volledig hier te plaas. Ek dink wat sy sê, is geldig en baie belangrik. Tot my spyt het ek nie die oorspronklike skakel gebêre nie.

Oor die aktrise wat probeer het om haar lewe te beëindig (DB, 07.07): In ’n tyd waarin ons oorbewus is, uiteindelik, en met reg, van menseregte en onsensitiewe woorde, word terminologie om depressie, die mens se waarskynlik mees verskriklike siekte, steeds gebruik sonder enige Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Terugblik: As alles te veel word

Ek het hierdie week die twyfelagtige voorreg gehad om ‘n dierbare tannie van 88 te probeer bystaan na die selfmoord van haar enigste (stief)seun.
Die eerste ding wat ek besef het, is dat dit irrelevant is dat hy haar stiefseun is. Sy het hom liefgehad en hy was haar kind, bloedfamilie of nie bloedfamilie nie.Gelukkig het ek al geleer ‘n mens hoef nie met allerhande goedkoop wysheid en trooswoorde by so iemand aan te kom nie. En dankie tog vir die drukkie-kultuur waarin ons deesdae leef, want ook hier geld die bekende actions speak louder than words. En daar is min sulke eenvoudige Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Random gedagtes: Wanneer alles te veel word …

Ek het hierdie week die twyfelagtige voorreg gehad om ‘n dierbare tannie van 88 te probeer bystaan na die selfmoord van haar enigste (stief)seun. Die eerste ding wat ek besef het, is dat dit irrelevant is dat hy haar stiefseun is. Sy het hom liefgehad en hy was haar kind, bloedfamilie of nie bloedfamilie nie.
Gelukkig het ek al geleer ‘n mens hoef nie met allerhande goedkoop wysheid en trooswoorde by so iemand aan te kom nie. En dankie tog vir die drukkie-kultuur waarin ons deesdae leef, want ook hier geld die bekende actions speak louder than words. En daar is min sulke eenvoudige aksies wat soveel sê soos ‘n doodgewone drukkie.
Deur die genade het ek nog nie iemand naby aan my so verloor nie. Maar ek het al rondom my genoeg gesien van die verwoesting wat selfmoord saai in die mense wat agterbly. En ek was al daar waar ek Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , ,