RSS

Tag Archives: resepte

Heleen se heerlike groentekerrie!

GroentekerrieVang ek verlede week op rsg net die stertkant van Martelize Brink se gereelde gesprek met Heleen Meyer en hulle is met hul gewone entoesiasme oor ‘n resep vir groentekerrie aan die praat. Die gedagte aan ‘n vegetariese gereg gee natuurlik hierdie Karookind die wilde weghol. Maar ons probeer mos onse grense gereeld verskuif, so ek hou aan luister.

Toe Helene sê ‘n mens kan die eiervrug in die resep met iets anders vervang, het sy dadelik my aandag. Nie net omdat ek nie erg oor eiervrug is nie. Ek hou eenvoudig daarvan om aan resepte te peuter. Weet nie altyd of dit van slimgeit of domgeit is nie. En ek hou van goeters wat ek na willekeur minder of meer kan maak.

Hier is die basiese resep: Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoordw: , , ,

Gesonde groentesop!

My voorneme van vrugte en jogurt om die lente te vier, het vandag gou verdwyn voor die yskoue suidewind wat vroegoggend opgesteek het. Die vinnigste alternatief? Ouboet se groentesop.

Die tyd vir wonderwerke is sowaar nog nie verby nie. Wie sou kon dink ek sou ooit so ‘n resep van hierdie spesifieke seunskind kon aanhaal? Beslis nie hierdie ma nie! Waar is die dae toe ek die manne met ‘n vissie (‘n lewendige een vir die vistenk!) moes omkoop om elk ‘n bordjie sop te eet? En moenie dink ek het gewaag om so ‘n gesonde en verslankende weergawe te kook nie. O nee, destyds se soppe het amper meer Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 03/09/2012 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Terugblik: Sago melkkos

Vinnig en maklik vir die laaste stuiptrekkings van die winter:
100ml sago
1 liter melk
30ml botter/margarien (of sommer net ‘n stukkie)
2 eiers (ek maak dit soms 3)
75ml volkoringmeel (2e opgehoop)
20ml vlapoeier (1e nie opgehoop)
2ml sout (knippie of twee)
125ml water
Kaneelsuiker Read the rest of this entry »

 
3 Kommentaar

Posted by op 21/09/2011 in Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Resep vir sop-sonder-resep

Hier is my resep vir vandag se variasie van voedsame en vullende sop wat nie regtig ‘n resep het nie. Dit maak genoeg vir minstens vier honger mense. Hoe dik dit is, hang af van hoe groot jou pot is.

Drie groot hoenderborse met been en vel en al

Een of twee uie, afhangende of jy lief is vir ui

1k sopmengsel (daai goedkoop sakkies met koringkorrels, ertjies en lensies in)

Laat week die sopmengsel minstens Read the rest of this entry »

 
2 Kommentaar

Posted by op 13/08/2011 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , ,

Hoender-en-sampioenslaai

Aangesien dit vanjaar in Julie somer geword het, gee ek ons maar ‘n slaaitjie vir die somer!
10ml olyfolie
100g ontbeende hoenderborsies, in repe gesny
Varsgemaalde sout en swartpeper na smaak
1 rooi-ui, in kwarte gesny
250g Denny Baby Button sampioene Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 02/08/2011 in Gesondheid, Resepte

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Resepte: Coq au vin (haantjie in wyn)

Na een van die huiskok en glanskok se sessies op ‘n Vrydagoggend op rsg, het ek vir die eerste keer gewaag om iets met ‘n Franse naam te kook. Hieronder is ‘n stukkie van ‘n webwerf (ek het die skakel verloor!) en daaronder my eie vereenvoudiging van die (reeds eenvoudige) resep.
Coq au Vin … Just the name conjures up images of the beautiful French country side, a mother lovingly chopping, sauteing and cooking a big pot of stew for her family. The whole family coming together and dunking crusty pieces of Baguette into all the rich, wine-flavoured juices.
Of course, the picture back at home is a little bit different. Not only don’t I stay in the beautiful French country side but I also don’t have time to marinade the chicken for at least 24 hours, then brown it before adding back the marinade, frying the mushrooms, bacon and onions all seperately…oi vey, just typing it makes me tired. So this is MY Coq au Vin which I’ve simplified a whole lot.
En hier is myne:
Enige hoenderstukke, soveel soos jy wil
‘n Bietjie spek, nie soveel dat dit dis oorheers nie
, fyngekap
Uie, gekap
Knoffel (vars of vlokkies) na smaak
‘n Paar wortels in stukke gesny
Seldery (wat ek uitgelaat het – kan net nie daarvan leer hou nie)
Enige sampioene waarvan jy hou
Lourierblare

Bietjie tiemie en oregano (wat ek nie in die huis gehad het nie)
So twee koppies rooiwyn (bv. Shiraz)
Netsoveel hoenderaftreksel

Bietjie bruinasyn
Bietjie suiker

Braai apart in ‘n groot pot:
Eers die spek, dan die hoender, en dan die groente en kruie
Voeg alles bymekaar met die vloeistof en prut tot lekker sag
Verdik sous met ‘n bietjie maizena as nodig
Eet met rys of brood (kan seker pasta ook wees)

Dis regtig nogal baie lekker, hoor!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 21/10/2010 in Resepte, Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Die honger reisiger – Marie Heese

Die bekende en geliefde Audrey Blignault se dogter begin haar reis- en kosboek met ‘n verwysing na haar ma se talente – waarvan kook beslis nie een was nie. “Toe sy ‘n ruk lank alleen gebly het, was haar idee van onthaal ‘n blik toebroodjies en ‘n bottel brandewyn.”

Ek het lekker aan die boek gelees. Dis ‘n stil boek, sonder groot bohaai, maar met volop onverwagse juweeltjies. Die reisstories is uniek en dikwels met humor aangebied. Die resepte is eg en aards en nie ingewikkeld nie.

Kliek gerus hier vir ‘n volledige bespreking deur ‘n stuk of vyf lesers: https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/lees-lees-en-lees/oor-skrywers-en-boeke/marie-heese-die-honger-reisiger/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 11/07/2010 in Boeke, Humor, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,