RSS

Tag Archives: ontspanningsoefeninge

Random gedagtes: O gaats, ek het vergeet …

Om ooglopende redes het ek onlangs ‘n boek oor geheue uitgeneem .. Achieving optimal memory deur Aaron P. Nelson van Harvard Mediese skool. Ek kan gelukkig rapporteer dat ek klaarblyklik nie oppad is om my breinfunksie te verloor nie, maar doodgewoon aan die oudword is!

Hy noem die volgende aspekte wat volgens navorsing wel deur ouderdom aangetas word:

  • Working memory – Your ability to hold and manipulate information in mind is reduced.
  • Processing speed – Ons word stadiger, wat veroorsaak dat ‘n mens bv. langer neem om op iemand se naam te kom.
  • Detail – ‘n Mens onthou minder detail van ‘n ervaring.
  • Declarative memory – wat ek nie so lekker verstaan nie … Maar dit het ook blykbaar te doen met die gesukkel om bv op ‘n naam te kom.
  • Source memory – Dit word moeiliker om te onthou waar en wanneer jy iets gehoor/ervaar het. Nou verstaan ek hoekom mense soms soveel tyd hieraan afstaan as hul ‘n storie aan die vertel is.
  • Multitasking – Dit word moeiliker om ‘n paar dinge tegelyk te doen.
  • Visuospatial processing – ‘n groot woord vir die vermoe om bv driedimensionele modelle te bou – iets wat ek nog nooit in my lewe kon doen nie!

Volgende keer gee ek ‘n lysie van die vermoens wat klaarblyklik feitlik onaangeraak bly deur die ouderdom – en glo my, dit lyk glad nie sleg nie, hoor. Daar is hoop …

(Ek lys so ‘n verskeidenheid tags hierbo omdat hulle – dinge soos oefening, oorgewig, dieet, slaap, depressie, bloeddruk, cholesterol, ens – almal volgens die slim dokter ‘n mens se geheue beinvloed)

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Wat het jy vandag nodig?

Vir die ses basiese menslike behoeftes (buiten dinge soos kos, skuiling en klere), lees gerus by die volgende skakel:

https://altacloete.wordpress.com/life-coaching-lewensafrigting/basiese-menslike-behoeftes/

Die goeie nuus is dat ‘n mens wanneer jy af voel, kan gaan sit en vasstel watter behoefte(s) word op daardie stadium nie bevredig nie. En dan iets daaraan kan DOEN.

Ja, regtig!

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Breek die depressiesiklus!

Interessante feite wat jou kan help veg:

  1. Depressie is ‘n aktiewe siklus wat onderhou moet word deur introspeksie (malende gedagtes) en ‘n gebrek aan aktiwiteit. Dit is harde werk om depressief te wees!
    Doelbewuste verandering van jou gedagtepatroon saam met daaglikse aktiwiteit gaan jou help om die siklus te verbreek.
  2. Depressie maak helder denke moeilik agv die uitputting en negatiewe gemoedstoestand wat daarmee saamgaan.
  3. As ‘n mens depressief is, beland jy in ‘n ander wereld, waar jy dinge anders ervaar as wat die werklikheid is. Alles is erger, alles is donker.
  4. Ontspanning is noodsaaklik om jou brein ‘n blaaskans te gee, jou liggaam te help herstel, angsvlakke te verlaag en jou in staat te stel om helderder te dink.
    Enige ontspanningsoefeninge of asemhalingstegnieke kan jou help hiermee. ‘n CD met ontspanningsoefeninge is ingesluit by die Uncommon Knowledge program.
  5. Om depressie af te skud, is dit noodsaaklik om ook ‘n helder prentjie te verkry van waarheen jy met jou lewe wil gaan, wat jy wil he. Dit gee jou iets positiefs om op te fokus, sodat jy nie net aanhou konsentreer op wat jy nie wil he nie.
 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/04/2010 in Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , , , ,