RSS

Tag Archives: oefening

Aanstap … Dis die moeite werd!

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Leef gesond in die feestyd!

Vraag- en antwoordsessie met ‘n wyse Oosterse medikus (En nee, ek weet nie hoekom juis hy gekies is nie. Soos ek nie weet wie die onderhoud gedoen het nie.)

Q: Doctor, I’ve heard that cardiovascular exercise can prolong Read the rest of this entry »

 
1 Kommentaar

Posted by op 02/12/2011 in Gesondheid, Humor

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Dis Wêreld Diabetesdag!

Wanneer het jy laas jou suiker laat toets?

En het jy al gehoor navorsers verbind te veel TV en te min oefening met toenemende vlakke van depressie? En dat daar ‘n baie sterk verband bestaan tussen diabetes en depressie?

 

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Diabetes Bewussynsdag – 14 November

As dogtertjie het dokters al gesê dat ek voor staan in die ry om hierdie (behandelbare) siekte te kry. (Vandag wonder ek hoe akkuraat hul voorspelling was – dis darem baaaie lank gelede). Dit is dus met groot dankbaarheid dat ek nog die soetgoedjies waarvoor ek so lief is, kan geniet! Maar ek weet nie vir hoe lank nie …
Deur die jare het ek voorbeelde gesien van mense met Tipe 1 sowel as Tipe 2 diabetes wat dit getrou beheer en behandel (veral deur dieet) en ‘n lang en gelukkige lewe het. Ek sien egter ook mense wat die pilletjie sluk en dan voortgaan met hul lewe – onaktiwiteit, slegte eetgewoontes en rokery, de lot. Dit is vir my nogal onverstaanbaar, veral met al die nuwe inligting wat beskikbaar is oor hoe om lekker te eet as diabeet. Waarvan die belangrikste vir my lyk na die nut van lae GI-kosse, wat regtig baie lekker kan wees. Die dae van bloot alle suiker uit die dieet sny, klink vir my verby. En ek hoor ook van allerhande makliker maniere om die insulien toe te dien as bloot die inspuiting.
As ‘n mens mooi daarna kyk, kan die diagnose as diabeet ‘n geleentheid wees om van leefstyl te verander en voortaan ‘n lewe van hoër kwaliteit te lei. Dit lyk asof gereelde oefening en ‘n verstandige dieet vir baie Tipe 2 diabete genoeg kan wees om dit te beheer en dat medikasie dikwels glad nie nodig is nie. Ekself het ‘n yslike skrik gekry toe ek syfers lees oor met hoeveel persent jou kans op diabetes toeneem vir elke kilo wat jy oorgewig is!
In ‘n onlangse radioprogram was dit vir my opvallend hoeveel inbellers allerhande wonderbaarlike middels en boererate het waarin hulle glo, ipv die raad van dokters en dieetkundiges. Dit het my opnuut laat wonder oor die aard van die mens …
Anyway, ek hoop almal wat dit in die familie het, laat toets hulle gereeld. En almal wat ‘n bietjie onaktief en breed om die boude is, kom in die nuwe jaar aan die beweeg.
Nou gaan ek gou ietsie soet soek – solank ek kan …

 
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,

Stap jou sorge weg …

Vir my weloorwoë mening oor stap as oefening en anti-depressant, kliek op hierdie skakel: https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/stap/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 06/05/2010 in Stap, Stokperdjies

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , ,