RSS

Tag Archives: McGuire

Internasionale Hakkelbewussynsdag

Na meer as vier jaar is een van die heel grootste vreugdes in my lewe steeds die feit dat my geliefde eersgeborene ‘n kursus gevind het wat hom van ‘n hakkelaar wat sy probleem pynlik wegsteek (covert stutterer) verander het na ‘n herstellende hakkelaar (recovering stutterer). Want veel meer as dit het eintlik gebeur. Eintlik het hy in die verloop van een enkele naweekkursus ‘n persoonlikheidsverandering ondergaan. Hy het amper oornag verander van iemand wat sekere woorde asook sekere situasie vermy (wat ongelooflike negatiewe implikasies vir iemand se persoonlike, sosiale en veral professionele lewe het) na iemand wat gaan vir moeilike situasies vir die hakkelaar, soos die kennismaking met vreemdes, aanspreek van vreemdelinge, telefoongesprekke, gesprekke met gesagsfigure, ens. Een van die interessantste aspekte van die program is dat die mikpunt nie bloot is om minder te hakkel nie, maar om ‘n uitstekende spreker te word. Die resultate is verstommend. En dit HOU – AS die persoon AANHOU om daaraan te WERK.
Maar dit het nie vanself gekom nie. ‘n Persoon moet oor ‘n groot mate van volwassenheid beskik om die McGuire kursus te kan aanpak en deurvoer. Dit vat BAIE toewyding, vasbyt, harde werk en baie tyd. Maar die resultaat kan jou lewe verander.
Kyk gerus by  http://www.mcguireprogramme.com/ vir besonderhede.

Some facts about Stuttering:

  • 1% of the world is afflicted with stuttering, thats approximately 66 million worldwide.
  • Despite decades of research, experts cannot determine the cause of stuttering. However, there is no proven link between childhood trauma or parenting.
  • There is no known cure for stuttering. There are many therapies available but they require hard work and perserverance.
  • Different people stutter to varying degrees. Some are more severe to the listener, overt stutterers, whereas others hide their stutter very well, these people are known as covert stutterers.
  • Four times as many males are affected than females.
  • Generally people do not stutter when they sing, whisper or speak in chorus.
  • Although stuttering may seem like a relatively superficial problem, for the stutterer it can influence career choices, relationships and all aspects of daily speaking life.
  • Many famous people have stuttered including Winston Churchill, Marilyn Monroe, Bruce Willis and , more recently, Gareth Gates. Gareth is now an instructor on the McGuire Programme.
Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,