Tag Archives: Mandela

Eienskappe van Mandela: 13 – 15

Hierdie laaste drie is vir my besonder treffend:

13. Om opsy te staan is ook leierskap:
In vele opsigte was Mandela se grootste gebaar van leierskap die feit dat hy daarvan afstand gedoen het.

Nadat hy die eerste demokraties verkose president van ‘n vrye SA geword het, sou hy seker die res van sy lewe in die amp kon gebly het. Sy verkiesing tot ‘n tweede vyfjaartermyn sou sekerlik groot byval gevind het. Maar hy het geweet sy werk was, soos Cyril Ramaphosa dit gestel het, “om die rigting te bepaal, nie om die skip te stuur nie”. In April 1995, slegs ‘n jaar na die aanvang van sy eerste termyn, het hy opgemerk dat hy in 1999 tagtig jaar oud sou wees en dat ‘n “tagtigjarige hom nie met die politiek behoort op te hou nie.” Toe aan hom gevra is of hy ‘n tweede termyn sou Lees voort Eienskappe van Mandela: 13 – 15

Eienskappe van Mandela: 10 – 12

Mandela 110. Weet wanneer om nee te sê:
Nelson Mandela is nie ‘n man wat van miskien hou nie.
Hy is dalk stil. Hy is dalk ontwykend. Hy sal soms uitstel en sloer en probeer om jou te vermy. Maar op die ou end sal hy nie sê wat jy wil hoor net omdat jy dit wil hoor nie.
Hoewel hy ‘n buitengewone begeerte het om mense te behaag, hoewel hy dit haat om mense teleur te stel, is Nelson Mandela baie goed daarmee om nee te sê. Daar is tye wanneer hy sal sê: “Laat ek daaroor dink,” maar wanneer hy weet die antwoord is nee, dan sê hy nee. Dit is nie so eenvoudig of maklik soos dit klink nie. Mense vergeet soms dat Nee ‘n volsin is.
Mandela hou nie daarvan om nee te sê nie; jy kan sien hoe hy sukkel om dit op ‘n hoflike manier te doen.Maar hy weet dat uitstel Lees voort Eienskappe van Mandela: 10 – 12

Eienskappe van Mandela: 7-9

Mandela7. Sien die goeie in ander raak:
Party mense noem dit ‘n blinde kol, ander dink dit is naief, maar Nelson Mandela beskou feitlik alle mense as goed totdat hy verkeerd bewys word. Hy aanvaar uit die staanspoor dat jy te goeder trou handel. Net soos wat hy glo dat om voor te gee dat jy dapper is tot werklike dapperheid kan lei, glo Mandela ook dat as jy die goeie in iemand anders kan raaksien, daar ‘n beter kans is dat die goeie sy van sy karakter na vore sal kom.
Dis buitengewoon vir ‘n man wat vir die grootste deel van sy lewe sleg behandel is om soveel deugsaamheid in ander mense te sien. Trouens, dit was soms frustrerend om met hom te praat omdat hy feitlik nooit ‘n slegte woord oor iemand wou rep nie. Hy wou hom nie eens uitspreek oor die man wat probeer het om hom te laat teregstel nie.
… Wat ek van hom bewonder het. Mandela soek altyd na die positiewe, die konstruktiewe. Hy verkies om verby die negatiewe te kyk … Die ergste wat hy dalk oor mense sal sê, is dat hulle in hulle eie belang opgetree het.
8. Ken jou vyand:
… saans ‘n amateurbokser … sy vurige afrigter, Skipper Molotsi, het hom geleer dat ‘n bokser wat sukses wil behaal, nie net rats en sterk moet wees nie, maar ook sy Lees voort Eienskappe van Mandela: 7-9

Nog eienskappe van Mandela

Madiba werelbeker4. Lei van agter af:
Om vanuit die agterhoede die rigting aan te dui, is in ‘n sekere sin vir Mandela slegs ‘n versluierde manier om van voor af te lei. Maar hy verstaan ook die beperkinge van enige persoon se leierskap, selfs sy eie. Toe hy uit die tronk gekom het, was hy ‘n soort Afrika-Rip van Winkel. Vriende en kollegas moes hom inlig oor alles onder die son: vroueregte, die moderne media, MIV en vigs, en dosyne ander onderwerpe. Dit was noodsaaklike remediërende onderrig, maar ook ‘n demonstrasie van die Afrika-idee van kollektiewe leierskap. Reeds sedert sy kinderdae het hy geweet dat kollektiewe leierskap oor twee beginsels gaan: die groter wysheid van die groep vergeleke met dié van die individu, en die groter belegging van die groep in enige uitslag wat deur konsensus bereik word. Dit is ‘n Lees voort Nog eienskappe van Mandela

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

Terugblik: Inspirasie – Waarom Springsteen?

Post op 23/09/2010:

Ek bevind my in my middel-vyftigs vir die eerste keer in die posisie dat ek werklik vir my rolmodelle gekies het. Voorheen was ek meer geneig om stilletjies jaloers te wees op mense wat ek bewonder. Miskien lê die sukses hierdie keer daarin dat ek nie die geringste kans het om ooit te bereik wat my twee rolmodelle bereik het nie. Beslis nie die vlak van die 70 miljoen dollar wat Bruce blykbaar die afgelope jaar verdien het nie! (Dit plaas hom blykbaar vierde onder musikante en sewende onder vermaaklikheidsterre in die algemeen.) Nog minder die moraliteit en grootse menswees van Nelson Mandela. Daar is dus nie sprake van kompetisie nie, net van bewondering.
My agting vir Madiba hoef ek sekerlik Lees voort Terugblik: Inspirasie – Waarom Springsteen?

Madiba: Les 13-15

13. Om opsy te staan is ook leierskap
In vele opsigte was Mandela se grootste gebaar van leierskap die feit dat hy daarvan afstand gedoen het.
Nadat hy die eerste demokraties verkose president van ‘n vrye SA geword het, sou hy seker die res van sy lewe in die amp kon gebly het. Sy verkiesing tot ‘n tweede vyfjaartermyn sou sekerlik groot byval gevind het. Maar hy het geweet sy werk was, soos Cyril Ramaphosa dit gestel het, “om die rigting te bepaal, nie om die skip te stuur nie”. In April 1995, slegs ‘n jaar na die aanvang van sy eerste termyn, het hy opgemerk dat hy in 1999 tagtig jaar oud sou wees en dat ‘n “tagtigjarige hom nie met die politiek behoort op te hou nie.” Toe aan hom gevra is of hy ‘n tweede termyn sou oorweeg, het hy geantwoord: “Beslis nie.” En hy het nie. Dit was ‘n bepalende oomblik van leierskap.

14. Dis altyd albei
Nelson Mandela is gemaklik met teenstrydighede. Selfs wanneer hy homself weerspreek … Hy verstaan dat konsekwentheid op sigself ‘n valse deug is en dat teenstrydigheid nie noodwendig sleg is nie. Hy weet dat mense ingewikkelde wesens is en ‘n magdom motiewe het.
Skakerings van grys is nie maklik om te beskryf nie. Swart-en-wit is aanloklik, omdat dit eenvoudig en absoluut is. Dit lyk duidelik en beslis. Daarom neig ons so dikwels na ja- of nee-antwoorde wanneer  albei of miskien nader aan die waarheid sou wees … As ons egter die gewoonte aankweek om, soos Mandela, albei kante van ‘n saak te oorweeg – of selfs verskeie kante … Hierdie manier van dink is veeleisend.  Dit vra ‘n wilsbesluit, empatie en verbeelding.

15. Kry vir jou ‘n tuin
Selfs op ‘n verre, skone eiland het Mandela ‘n plek van afsondering nodig gehad: ‘n plek waar hy homself kon verloor en weer kon vind.
In die vroee 1970’s, te  midde van baie teenspoed, het Nelson Mandela besluit om ‘n tuin aan te le.
Samuel Johnson het eenmaal gese daar is niks meer ontspannend as om op ‘n aangename taak te fokus wat die gedagtes besig hou, maar nie veel konsentrasie verg nie. Vir Johnson was dit skeikunde, vir Mandela tuinmaak. Die hoofsaak is dat ons elkeen iets nodig het, weg van die wereld, waaruit ons genot en bevrediding put.

Direk aangehaal uit Op pad met Mandela – Richard Stengel

Madiba: Les 10-12

10. Weet wanneer om nee te se:
Nelson Mandela is nie ‘n man wat van miskien hou nie.
Hy is dalk stil. Hy is dalk ontwykend. Hy sal soms uitstel en sloer en probeer om jou te vermy. Maar op die ou end sal hy nie se wat jy wil hoor net omdat jy dit wil hoor nie.
Hoewel hy ‘n buitengewone begeerte het om mense te behaag, hoewel hy dit haat om mense teleur te stel, is Nelson Mandela baie goed daarmee om nee te se. Daar is tye wanneer hy sal se: “Laat ek daaroor dink,” maar wanneer hy weet die antwoord is nee, dan se hy nee. Dit is nie so eenvoudig of maklik soos dit klink nie. Mense vergeet soms dat Nee ‘n volsin is.
Mandela hou nie daarvan om nee te se nie; jy kan sien hoe hy sukkel om dit op ‘n hoflike manier te doen.Maar hy weet dat uitstel dit later selfs nog moeiliker maak. Dis beter om iemand vroeer, eerder as later teleur te stel. En Mandela sal nie die boodskap versuiker of aan iemand anders oorlaat nie. Wanneer hy nee se, wil hy graag he die boodskap moet duidelik en ondubbelsinnig wees. Hy bied nooit vals hoop nie en los nooit die deur op ‘n skrefie oop nie.
11. Haas jou langsaam:
Sewe-en-twintig jaar in die tronk leer ‘n mens baie dinge, en een daarvan is om nie oorhaastig te wees nie. As jong man was Mandela ongeduldig: verandering moes gister al plaasgevind het. Die tronk het hom geleer om versigtiger te wees en dit by hom tuisgebring dat oorhaastigheid tot foute en swak besluite lei. Bowenal het hy geleer hoe om beloning uit te stel – iets wat deur sy hele lewe verpersoonlik word.
Die meeste van ons is gewoond aan presies die teenoorgestelde. Omdat ons kultuur spoed beloon, sien ons ongeduld as ‘n pluspunt. Ons verwar onmiddellike bevrediging met ‘n manier om onsself uit te druk. Ons leer om ‘n kans aan te gryp die oomblik dat dit hom voordoen, om op elke twiet en teksboodskap te reageer sonder om ‘n oomblik te besin.
Mandela sou ons aanraai om nie toe te laat dat die skyn van dringendheid ons dwing om besluite te neem voordat ons gereed is daarvoor nie … Dis beter om stadig en oorwoe op te tree as om oorhaastig te wees bloot soday jy doelgerig sal lyk.
12. Liefde maak die verskil:
Wanneer dit by die liefde kom, is Mandela ‘n romantikus. Maar ‘n pragmatiese een. Hy het immers geen ander keuse gehad nie.
Vir ‘n groot deel van sy lewe was liefde in die verskiet, iets wat eerder in sy verbeelding en herinneringe bestaan het as in die werklikheid. En wanneer die liefde wel ‘n werklikheid was, was dit dikwels ‘n bron van pyn, eerder as vertroosting. Tog hy hy nooit die droom laat vaar dat hy liefde sou vind nie.
Apartheid in SA het dit vir hom onmoontlik gemaak om ‘n openbare en ‘n privaat lewe te he. Sy openbare lewe het hom sewe-en-twintig jaar lank in die tronk laat beland, waar hy geen privaat lewe gehad het nie en baie min vertroosting. Deel van die diaboliese aard van apartheid was om swart Suid-Afrikaners te dwing om hul werk en gesin te skei. Dit het in Mandela se geval geslaag – nie omdat hy, soos so baie ander, gedwing is om in die stad te gaan werk terwyl sy gesin in ‘n tuisland agtergebly het nie, maar omdat dit onmoontlik was om vir vryheid te veg en terselfdertyd as vry man te lewe.

 Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

Madiba: Les 7-9

7. Sien die goeie in ander raak:
Party mense noem dit ‘n blinde kol, ander dink dit is naief, maar Nelson Mandela beskou feitlik alle mense as goed totdat hy verkeerd bewys word. Hy aanvaar uit die staanspoor dat jy te goeder trou handel. Net soos wat hy glo dat om voor te gee dat jy dapper is tot werklike dapperheid kan lei, glo Mandela ook dat as jy die goeie in iemand anders kan raaksien, daar ‘n beter kans is dat die goeie sy van sy karakter na vore sal kom.
Dis buitengewoon vir ‘n man wat vir die grootste deel van sy lewe sleg behandel is om soveel deugsaamheid in ander mense te sien. Trouens, dit was soms frustrerend om met hom te praat omdat hy feitlik nooit ‘n slegte woord oor iemand wou rep nie. Hy wou hom nie eens uitspreek oor die man wat probeer het om hom te laat teregstel nie.
… Wat ek van hom bewonder het. Mandela soek altyd na die positiewe, die konstruktiewe. Hy verkies om verby die negatiewe te kyk … Die ergste wat hy dalk oor mense sal se, is dat hulle in hulle eie belang opgetree het.
8. Ken jou vyand:
… saans ‘n amateurbokser … sy vurige afrigter, Skipper Molotsi, het hom geleer dat ‘n bokser wat sukses wil behaal, nie net rats en sterk moet wees nie, maar ook sy teenstander moet ken … Mandela het besef hy sou dit in die politieke arena ook moes doen. Om ‘n vasberade politieke teenstander te verslaan, moes hy hom leer ken en sy swakhede ontdek.
Wanneer jy jou teenstander se guns gewen het, het Mandela gese, moet jy jou nooit daarin verlekker nie. Die oomblik van jou grootste oorwinning is wanneer jy die grootste welwillendheid behoort te betoon. Moet in geen omstandighede jou teenstanders verneder nie. Trouens, gee hulle eerder die geleentheid om hul aansien te red. Dan maak jy van jou vyand jou vriend.
9. Hou jou teenstanders na aan jou
Al het Mandela dikwels sy vriende as vanselfsprekend aanvaar, het hy nooit dieselfde met sy opponente gedoen nie. Hoewel hy soms kontak met sy kollegas verloor het, het hy altyd met sy teenstanders in kontak gebly. Jy kan jou vriende vertrou, want jy kan oor die algemeen aanvaar dat hulle jou sal steun, en jy kan jou vyande vertrou, want jy kan aanneem dat hulle jou altyd sal teenstaan. Maar jou vriendelike teenstanders – hulle is die mense wat jy fyn moet dophou. En Mandela het dit gedoen.
Tog het hy dit diskreet gedoen. Hy sou dit nooit oorweeg om die intelligensiediens of privaat speurders te gebruim om op sy teenstanders te spioeneer nie. Hy het geweet die beste manier om dit te doen, is nie van op ‘n afstand nie, maar van nab. Trouens, wanneer hulle saam in een vertrek was, het hy dikwels aan ‘n teenstander beduie om langs hom te kom sit, sodat hy ‘n oog oor hom kon hou.

 Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

Madiba: Les 4-6

4. Lei van agter af:
Om vanuit die agterhoede die rigting aan te dui, is in ‘n sekere sin vir Mandela slegs ‘n versluierde manier om van voor af te lei. Maar hy verstaan ook die beperkinge van enige persoon se leierskap, selfs sy eie. Toe hy uit die tronk gekom het, was hy ‘n soort Afrika-Rip van Winkel. Vriende en kollegas moes hom inlig oor alles onder die son: vroueregte, die moderne media, MIV en vigs, en dosyne ander onderwerpe. Dit was noodsaaklike remedierende onderrig, maar ook ‘n demonstrasie van die Afrika-idee van kollektiewe leierskap. Reeds sedert sy kinderdae het hy geweet dat kollektiewe leierskap oor twee beginsels gaan: die groter wysheid van die groep vergeleke met die van die individu, en die groter belegging van die groep in enige uitslag wat deur konsensus bereik word. Dit is ‘n wen-wen-situasie.
Om van agter af te lei, werk op soortgelyke wyse: jy bereik die verlangde resultaat op ‘n eensgesinde manier. Dis tot voordeel van ander en van jouself.
5. Laat jou voorkoms by jou rol pas:
Ons glo dit is reg om mense volgens hul persoonlikheid te oordeel, maar Nelson Mandela het besef dat jou voorkoms soms die beste manier is om jou persoonlikheid aan ander te toon. Mandela was nog altyd bedag op die voorkoms van dinge – van die kleur van sy hemp tot die manier waarop ‘n beleid vir sy ondersteuners kan voorkom tot sy liggaamshouding. Hy sal nooit iemand aanraai om ‘n persoon nie altyd op sy baadjie te takseer nie, want hy weet ons doen dit almal. Hoewel hy ‘n man van inbors is, glo hy dit is onsinnig om te beweer dat voorkoms nie ‘n rol speel nie. Voorkoms tel wel, en ons het net een geleentheid om ‘n eerste indruk te maak.
6. Leef volgens ‘n kernbeginsel – die res is taktiek:
Nelson Mandela is ‘n man met vaste beginsels – maar hoofsaaklik een: gelyke regte vir almal, ongeag ras, klas of geslag. Die res is feitlik alles taktiek.
Dit klink dalk na oordrywing, maar min mense is bewus van die feit dat Mandela ‘n deurwinterde pragmatis is wat gewillig was om kompromiee aan te gaan, te verander, aan te pas en sy strategie te verfyn, solank dit hom na die beloofde land sou lei. Byna alle middele het daardie edel doel geheilig. In die SA van die 1980’s en 1990’s het dit een ding beteken: die omverwerping van apartheid en die daarstelling van ‘n nierassige demokrasie met stemreg vir almal. Punt.
Mandela is al bestempel as ‘n profeet, ‘n heilige, ‘n held. Wat hy nie is nie, is ‘n naiewe realis. hy is ‘n idealistiese pragmatis, dalk selfs ‘n edelmoedige een, maar op die ou end gaan dit daaroor om dinge gedoen te kry.

 Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel

Madiba: Les 1-3

1.Moed is nie om nie bang te wees nie:
Die meeste mense sou reken dat Nelson Mandela die verpersoonliking van moed is. Mandela self definieer moed egter op ‘n ongewone manier. Hy sien dit nie as ingebore of aangeleer op enige konvensionele manier nie, en ook nie as ‘n soort elikser wat ‘n mens kan drink nie. Hy sien dit as ‘n keuse. Niemand word dapper gebore nie, het hy gese; die geheim le in die manier waarop ons op verskillende situasies reageer.
… Maar moed, het Mandela beweer, is ‘n alledaagse verskynsel, en dit kan op groot en klein maniere getoon word.
2. Wees deurdag:
Op ‘n dag het ek langs Mandela op die agtersitplek van sy koeelvaste BMW gesit, toe ons besef sy bestuurder het verdwaal … Die bestuurder het vet gegee en met skeeuende bande om die draaie gejaag asof hy verlore tyd wou inhaal. Mandela het vorentoe geleun en gese: “Kom ons bly kalm, man.”
Kom ons bly kalm. Te midde van storms wat woed, bly Mandela kalm en soek hy na kalmte in ander. Hy straal trouens kalmte uit. Sodra jy beheer verloor oor jouself, glo hy, verloor jy beheer oor die situasie.
3. Lei van voor af:
Dwarsdeur sy lewe het Mandela risiko’s geneem om as leier op te tree. As hy ‘n soldaat was, sou hy die een gewees het wat uit die skuilgat spring en die stormloop oor die slagveld lei. Sy standpunt is dat leiers nie net moet lei nie, maar dat mense hulle moet sien lei – dit is deel van die posbeskrywing. Dis amper asof hy bang is dat iemand dalk sou se of dink hy was onwillig om risiko’s te neem. Selfs in sy persoonlike verhoudings glo hy daaraan om die leiding te neem. As iets jou hinder, as jy voel jy is onregverdig behandel, moet jy dit se, glo hy. Dit is ook leierskap.

Direk aangehaal uit: Op pad met Mandela – Richard Stengel