RSS

Tag Archives: Madiba

Goeiemore, Mnr. Mandela

Goeiemore, mnr MandelaSoos die meeste Suid-Afrikaners was hierdie leser ook vaagweg bewus van die aantreklike jong witvrou aan Madiba se sy. Van tyd tot tyd het mens hulle in die pers gesien; die bejaarde swartman en die stralende blondine, dikwels met sy hand stewig in hare. Toe dit bekend word dat sy ‘n boek geskryf het oor haar tyd saam met hom, het dit ook my verbeelding aangegryp.

Die boek was nie vir my ‘n maklike lees, soos ek lesers daarvan hoor sê het nie. Dis ‘n lang dokument en daar is baie detail. (Op sommige plekke sou mens weer meer detail wou hê. Hopelik weet die skrywer niemand kan ooit almal plesier nie!) Dis nie altyd ‘n opwindende boek nie en vir my het dit beter gewerk om rustig en stuk-stuk daaraan te lees. Dit het uit die aard van die saak nie ‘n spanningslyn wat mens dwing om om te blaai nie, wat sommige lesers die woord “vervelig” laat gebruik het.

Madiba ZeldaVervelig het ek dit beslis nie gevind nie. Hartverskeurend, ja. Dis al dae sedert ek dit klaar gelees het en die gevoel van diep weemoed bly steeds oor my hang. Hopelik sal dit later vervaag en die herinneringe aan al die mooi belewenisse meer prominent word, soos dit hopelik ook vir die skrywer sal word. Maar vir die oomblik bly die beeld van die siek ou man wat van sy regterhand afgesny is en moontlik gevoel het sy laat hom in die steek, onverbiddelik by my.

Daar is egter talle ligte oomblikke en voornemende lesers hoef nie op ʼn tranedal voorbereid te wees nie. Madiba se humor skemer dikwels deur en talle staaltjies bly die leser by.

Mense verskil of dit ‘n biografie is of nie. Volgens my definisie is ‘n biografie ‘n boek waarin detail oor ‘n persoon se lewe nagevors is en dan bespreek word met insette van verskillende partye, dalk interpretasie uit verskillende hoeke, tot ‘n mate van emosie gestroop. Vir my maak dit nie saak wat hierdie boek is nie, dis die egtheid wat daaruit spreek, wat my aangryp. As dit dan ‘n biografie moet wees, is dit sekerlik een van Zelda sowel as van Madiba. Eintlik is dit bloot ‘n vertelling uit haar oogpunt van haar tyd saam met hom. Ek dink nie dit moet as meer of minder as dit gelees word nie. (Ek wens ons kon dieselfde vertelling van sy kant af hoor. Hy moes sekerlik kwaliteite in haar raakgesien het waarvan sy self moontlik onbewus was.)

Vir my is dit ‘n amperse sprokiesverhaal met ‘n baie onwaarskynlike held en heldin. ‘n Held en heldin wat ‘n paar dekades gelede skaars met mekaar sou kon praat, wat nog te sê hande vashou in die openbaar. Zelda kom na vore as die verpersoonliking van ‘n paar miljoen wit Afrikaners wat met vrees gewag het vir die “terroris” om uit die tronk te kom en toe – aanvanklik teensinnig – moes sien hoe hy haar versperrings een vir een afbreek met doodgewone, outydse goedheid.

Van die aangrypendste dele van die boek was vir my haar verwarring aan die begin, die impak wat sy persoonlikheid op haar gehad het en die geweldige skuldgevoel wat sy ervaar het dat hierdie goeie man deur haar mense soveel leed aangedoen is. Stadig is sy eenvoudig ingetrek deur sy persoonlikheid en sy integriteit, tot sy bereid was om haar totale jongmeisielewe vir hom op te gee.

Hierdie leser het redelik gou na sy vrylating ‘n bewonderaar van Madiba geword. Dis lankal my hipotese dat as hy ‘n kort persoon met ‘n kleinmannetjiesindroom was, hy daardie dag op die Parade ‘n boodskap van konfrontasie kon gelewer het. Maar Nelson Mandela was ‘n lang, aantreklike man sonder enige minderwaardidheidskomplekse wat sy oordeel kon benewel, inderdaad iemand van koninklike afkoms wat dit nooit vergeet het nie. Uit hierdie posisie van krag het hy dit in homself gevind om voor te loop op ‘n pad van versoening en geregtigheid.

Nee, ‘n engel was hy beslis nie. Nog minder ‘n klein godjie. (Een van die kosbare aanhalings in die boek lui min of meer so: “‘n Heilige is ‘n sondaar wat aanhou probeer.”) Maar dat hy ‘n besondere mens met besondere insig was, kan niemand ontken nie. Hierdie boek toon hoe hy dit in homself gevind het om die verlede agter te laat, vorentoe te kyk en alles moontlik te doen om die hele Suid-Afrika met hom saam te neem.

As daar een woord is wat ek uit hierdie boek onthou, is dit die woord respek. Telkens kom die woord na vore in die gesprekke en belewenisse wat sy saam met hom het. As ons as nasie maar daardie één woordjie ter harte kon neem, sou dit al soveel beter met ons gegaan het.

Die storie van Zelda la Grange en Nelson Mandela is ‘n amperse sprokiesverhaal met ‘n baie hartseer einde. Dit is ons verantwoordelikheid om verby daardie hartseer einde te leef en die goeie te onthou en toe te pas.

Dis my mening dat die boek moontlik vir sommige lesers vervelig kan wees omdat daar geen sensasie in is nie, geen lakenkaskenades nie, geen skandale wat oopgevlek word nie. Selfs teen die einde van die boek word daar nie modder gegooi nie en behou mens die gevoel dat ook die familie se optrede bloot menslik was en spruit uit die bagase wat hulle ook maar met hulle saamdra.

Vir hierdie leser is Goeiemôre, Mnr. Mandela ‘n boek wat elke Suid-Afrikaner moet lees en vir sy kinders bêre. Dis ‘n storie van liefde en respek wat grense afgebreek en verhoudings gebou het. Dis die storie van wat met blote goedheid en integriteit gedoen kan word.

Ten spyte van die ongelukkige taalfout in die titel is die Afrikaanse uitgawe keurig vertaal deur Tinus Horn en oor die algemeen goed versorg.

Dankie, Zelda! (Nee, ek ken haar nie persoonlik nie en ek kry ook nie kommissie nie.)

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

Eienskappe van Mandela: 13 – 15

Hierdie laaste drie is vir my besonder treffend:

13. Om opsy te staan is ook leierskap:
In vele opsigte was Mandela se grootste gebaar van leierskap die feit dat hy daarvan afstand gedoen het.

Nadat hy die eerste demokraties verkose president van ‘n vrye SA geword het, sou hy seker die res van sy lewe in die amp kon gebly het. Sy verkiesing tot ‘n tweede vyfjaartermyn sou sekerlik groot byval gevind het. Maar hy het geweet sy werk was, soos Cyril Ramaphosa dit gestel het, “om die rigting te bepaal, nie om die skip te stuur nie”. In April 1995, slegs ‘n jaar na die aanvang van sy eerste termyn, het hy opgemerk dat hy in 1999 tagtig jaar oud sou wees en dat ‘n “tagtigjarige hom nie met die politiek behoort op te hou nie.” Toe aan hom gevra is of hy ‘n tweede termyn sou Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Eienskappe van Mandela: 10 – 12

Mandela 110. Weet wanneer om nee te sê:
Nelson Mandela is nie ‘n man wat van miskien hou nie.
Hy is dalk stil. Hy is dalk ontwykend. Hy sal soms uitstel en sloer en probeer om jou te vermy. Maar op die ou end sal hy nie sê wat jy wil hoor net omdat jy dit wil hoor nie.
Hoewel hy ‘n buitengewone begeerte het om mense te behaag, hoewel hy dit haat om mense teleur te stel, is Nelson Mandela baie goed daarmee om nee te sê. Daar is tye wanneer hy sal sê: “Laat ek daaroor dink,” maar wanneer hy weet die antwoord is nee, dan sê hy nee. Dit is nie so eenvoudig of maklik soos dit klink nie. Mense vergeet soms dat Nee ‘n volsin is.
Mandela hou nie daarvan om nee te sê nie; jy kan sien hoe hy sukkel om dit op ‘n hoflike manier te doen.Maar hy weet dat uitstel Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Eienskappe van Mandela: 7-9

Mandela7. Sien die goeie in ander raak:
Party mense noem dit ‘n blinde kol, ander dink dit is naief, maar Nelson Mandela beskou feitlik alle mense as goed totdat hy verkeerd bewys word. Hy aanvaar uit die staanspoor dat jy te goeder trou handel. Net soos wat hy glo dat om voor te gee dat jy dapper is tot werklike dapperheid kan lei, glo Mandela ook dat as jy die goeie in iemand anders kan raaksien, daar ‘n beter kans is dat die goeie sy van sy karakter na vore sal kom.
Dis buitengewoon vir ‘n man wat vir die grootste deel van sy lewe sleg behandel is om soveel deugsaamheid in ander mense te sien. Trouens, dit was soms frustrerend om met hom te praat omdat hy feitlik nooit ‘n slegte woord oor iemand wou rep nie. Hy wou hom nie eens uitspreek oor die man wat probeer het om hom te laat teregstel nie.
… Wat ek van hom bewonder het. Mandela soek altyd na die positiewe, die konstruktiewe. Hy verkies om verby die negatiewe te kyk … Die ergste wat hy dalk oor mense sal sê, is dat hulle in hulle eie belang opgetree het.
8. Ken jou vyand:
… saans ‘n amateurbokser … sy vurige afrigter, Skipper Molotsi, het hom geleer dat ‘n bokser wat sukses wil behaal, nie net rats en sterk moet wees nie, maar ook sy Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Nog eienskappe van Mandela

Madiba werelbeker4. Lei van agter af:
Om vanuit die agterhoede die rigting aan te dui, is in ‘n sekere sin vir Mandela slegs ‘n versluierde manier om van voor af te lei. Maar hy verstaan ook die beperkinge van enige persoon se leierskap, selfs sy eie. Toe hy uit die tronk gekom het, was hy ‘n soort Afrika-Rip van Winkel. Vriende en kollegas moes hom inlig oor alles onder die son: vroueregte, die moderne media, MIV en vigs, en dosyne ander onderwerpe. Dit was noodsaaklike remediërende onderrig, maar ook ‘n demonstrasie van die Afrika-idee van kollektiewe leierskap. Reeds sedert sy kinderdae het hy geweet dat kollektiewe leierskap oor twee beginsels gaan: die groter wysheid van die groep vergeleke met dié van die individu, en die groter belegging van die groep in enige uitslag wat deur konsensus bereik word. Dit is ‘n Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,

The spear of the nation

Nee, nee, jy soek verniet na die prentjie op hierdie blog. Dis ordentlike mense wat hier vergader. 🙂

Of ons prez ‘n ordentlike mens is? Nie in my boekie nie. Nie dat my boekie vir hom van enige belang is nie.

Ek gun teoreties gesproke enige mens die persoonlike vryheid om sy eie keuses uit te oefen.

Maar as ‘n mens die president van ‘n land is, moet jy seker ‘n paar Read the rest of this entry »

 
6 Kommentaar

Posted by op 20/05/2012 in Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2010 in Blogging, Inspirasie

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,