RSS

Tag Archives: lewensafrigting

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Hoe om gelukkig te wees!

Eindelik – hier het ons Die Antwoord! (Nee, nee, nie daaaaai Antwoord nie!). Volgens rsg (Tjailatyd met Amoré) het navorsers nou bevind dis baie eenvoudig wat die verskil is tussen gelukkige en ongelukkige mense. En vir my maak dit volkome sin.
So eenvoudig: Wanneer jou gedagtes op iets spesifieks gefokus is, voel jy gelukkig. Waarskynlik verkieslik iets waarmee jy besig is wat jou interesseer of vir jou belangrik is.
Wanneer jou gedagtes ronddwaal en jy begin tob oor allerhande goed, verdwyn die gevoel van geluk. Presies wat ek seker al ‘n miljoen keer reggekry het.
Jip, baie eenvoudig. Nou vir die toepassing …

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2010 in Blogging, Inspirasie

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Kritiek

Hoekom is dit so moeilik om kritiek op jou doen en late met grasie te aanvaar? Veral as jy weet dis met die beste bedoelings gegee?
Het dit steeds te doen met daardie curse van die (Afrikaner)vroue van my generasie – die onkeerbare behoefte om ALTYD ALMAL rondom ons gelukkig te hou? Want kritiek beteken tog daar is iemand wat nie tevrede is met jou nie, of hoe?
Nou ja, as ‘n mens vyftig nie weer sal sien nie, weet jy al hierdie dinge. Maar dit lyk my nie dit help altyd om te WEET nie – om te doen is veel moeiliker!
Sal dan maar vir die volgende vyftig jaar moet aanhou oefen …

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Random gedagtes: Die vrees vir sukses

Ons weet (hopelik) die vrees vir verwerping is in die meeste mense se lewe die grootste ding wat hul weerhou daarvan om enigiets aan te pak. En as ‘n mens nooit iets nuuts aanpak nie, gaan jy ook nooit iets bereik nie. Wat natuurlik daartoe lei dat jy nooit jou volle potensiaal bereik nie – en ook dalk dat jy maar min vir jou medemens beteken.

Wat vir die een persoon verwerping is, raak die ander dalk glad nie … Lees verder by https://altacloete.wordpress.com/random-gedagtes/die-vrees-vir-sukses/

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,

Wat het jy vandag nodig?

Vir die ses basiese menslike behoeftes (buiten dinge soos kos, skuiling en klere), lees gerus by die volgende skakel:

https://altacloete.wordpress.com/life-coaching-lewensafrigting/basiese-menslike-behoeftes/

Die goeie nuus is dat ‘n mens wanneer jy af voel, kan gaan sit en vasstel watter behoefte(s) word op daardie stadium nie bevredig nie. En dan iets daaraan kan DOEN.

Ja, regtig!

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Wat is life coaching?

Lewensafrigting is ‘n manier om jou volle potensiaal te bereik. Dit word gedoen deur ‘n proses wat fokus op maniere om die denk- en gedragspatrone wat jou in die verlede teruggehou het, op te spoor en uit te wis.

‘n Mens word toegerus met spesifieke tegnieke wat reeds bewys het dat hul werk. Lewensafrigting is ‘n benadering wat op oplossings gemik is en kan ‘n mens help om blywende verandering te maak in enige area van jou lewe.

Begin jy elke lente oefen en teen Desember het jy alweer tou opgegooi?

Begin jy elke Januarie dieet en die volgende Januarie weeg jy meer as ooit?

Het jy ‘n droom om te skryf of ander skeppende werk te doen, maar jy kom net nie sover om dit uit te voer nie?

Verwag jy jou eerste baba en wil dinge graag op ‘n manier aanpak wat vir jou en jou wederhelfte gaan werk?

Beplan jy ‘n nuwe loopbaan?

Wil jy graag enige ander verandering in jou lewe aanbring?

Lewensafrigting is vir jou!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 29/04/2010 in Uncategorized

 

Sleutelwoordw: , , , , , , ,