RSS

Tag Archives: Karoo

Droogte en waterskaarste: dieselfde ding?

Picture 304Hier is die eerste deel van my en Naomi Meyer van Litnet se gesprek oor die watersituasie in ons land en veral in die Wes-Kaap:

Droogte. Beteken dit vir jou dieselfde as waterskaarste? Brei asseblief ’n bietjie hierop uit. Ook jou emosies en gedagtes hieromtrent. En kinderdaeherinneringe, waar jy grootgeword het en hoe jy dit toe ervaar het.

Ek het in die Karoo (Sutherland se wêreld) grootgeword, waar droogte deel van die lewe was en steeds is. Ek onthou hoe my ma in ’n skielike donderbui gehardloop het om haar kuikens te red en dié woorde geuiter het: “Te veel reën is nog erger as te min.” Vandag kan ek daaruit aflei dat sy – soos ek – gewoond was aan periodieke droogtes, maar nooit aan ’n lewensbedreigende waterskaarste blootgestel was nie.

Ek het grootgeword met die besef dat water kosbaar is en altyd spaarsaam gebruik moet word. Vir my is die wenke wat nou gegee word, soos dat jy nie die ketel moet vol tap vir een koppie tee of dat jy die kraan moet toedraai terwyl jy jou tande borsel, hopeloos te min, hopeloos te laat. Dit – en vele ander – is dinge wat in ons huis nog altyd gedoen is. My mening is dat ons nou veel drastieser maatreëls nodig het as hierdie goedjies.

Ons het in die ’70’s, toe ek kind was, natuurlik veel meer basies geleef. Ek besef nou die standaarde vir persoonlike higiëne was eenvoudig nie so hoog soos vandag nie. Ons het in Sutherland se koue in die koshuis slegs op sportaande warm water gehad. Die tussenin aande het ons ge-top&tail in die wasbakkies. Ek onthou dat ons in die winter die lou water uit ons warmwatersakke gebruik het om ons gesig te was. Ek het twee dae aan ’n skoolhemp gedra en hare is een keer per week met vars water uit die tenk gewas. En dan wat vandag vir ons amper ondenkbaar is: die toilet is nie gespoel vir elke klein piepietjie nie!

Ek dink die tyd is ryp om permanent terug te gaan na sommige van daardie ouer praktyke. Ons was destyds honderd persent gesond en gelukkig en beslis nie vuil nie. Cleanliness is next to godliness, dis waar – maar ons sal ons standaarde ’n ietsie moet laat sak, of andersins waterlose skoonmaakplanne maak. (Ek het onlangs gehoor van Saoedi-Arabië se hele vloot vliegtuie wat met ’n waterlose middel gewas word.)

Volledige gesprek by: http://www.litnet.co.za/waterskaarste-praktiese-wenke/

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

In die mond van die wolf – Paul C. Venter

Die inwoners noem  dit die Ouveld. Dis ‘n plek vol spoke en bygelowe, wilde diere, mense met wilde emosies, baie humor, baie trane. En propvol stories: ware stories, bangmaakstories, grootliegstories. Saam vertel hulle die diep menslike en soms verbysterende geskiedenis van ‘n harde, magiese wêreld waar die stedeling meestal net deurry of petrol ingooi.

Paul C. Venter is ‘n meesterverteller wat hier uit sy hart en met wysheid en humor vertel van die Karoo, ‘n unieke stuk aarde geteister deur droogtes, storms en Bybelse plae. ‘n Plek van geloof en wonderwerke, waar die onverwoesbare woestyn die een is wat altyd laaste lag.

In die mond van die wolf het nie ‘n sinistêre betekenis soos ons met ons assosiasies met nare wolwe en goeie Rooikappies Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/03/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , ,

Lucas Maree: Aan almal wat reis en weggaan

Onderstaande pragtige stuk deur Lucas Maree het ek op Litnet raakgesien:
Al lê die berge …
Ons leef heeltemal te gulsig. Ons is bang ons kry nie alles gedoen nie, en ironies genoeg, kry ons selfs die goeters wat ons doen, nie gedoen nie. Nie heeltemal nie, want jy jaag so vinnig as wat jy kan om by die plekke te kom waar die eintlike goeters gebeur. Die goeters wat jou bankbestuurder laat glimlag.
Die tussenin plekke is leë plekke, en móét jy dan daardeur om by een van die belangrike plekke te kom, maak jy seker dat jy nie tyd daar vermors nie. Mens raak so gewoond aan hierdie houding dat jy naderhand selfs jou Read the rest of this entry »

 
4 Kommentaar

Posted by op 25/02/2011 in Skrywers, Spiritueel

 

Sleutelwoordw: , , , ,