RSS

Tag Archives: Groenpunt

Daar is altyd hoop

Vandag het ‘n uitermate besige Sondag my moeg maar tevrede hier voor die rekenaar gebring – en weer ‘n slag trots Suid-Afrikaans.
Vanoggend was ek 5:00 (al morrend) op om in Groenpunt te kom vir die iThemba stap ten bate van borskankerbestryding. Omtrent 12 000 mense en ‘n paar honde. Doef-doef musiek en die soort kunsmatige geesvang waarvan ek nie hou nie. ‘n Klompie dapperes prettig in pienk opgetooi. (Die beste was die heel aantreklike jongman met ‘n mooi pienk rompie en visnetkouse.) ‘n Spannetjie borskanker oorlewendes wat kom deelneem. Seepunt se promenade, die reuk van bamboes, skepe in die baai, pers Curves ballonne aan poniesterte. En Read the rest of this entry »

Advertisements
 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,