RSS

Tag Archives: foto’s

Foto van die dag (6)

Genadendal – die oue en die nuwe. Ek lees soveel in hierdie toneeltjie – vooruitgang, agterbly, armoede, die gaping tussen wêrelde …
Fotograaf: Die uwe

 

 
3 Kommentaar

Posted by op 17/06/2011 in Foto's, Suid-Afrika

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Moenie dat die Maandag jou onderkry nie …

 
Lewer kommentaar

Posted by op 28/03/2011 in Humor

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Blogfoto

Pret by Nature’s Valley
Fotograaf: S. Cloete Jnr.
Model: H. Cloete



 
Lewer kommentaar

Posted by op 03/01/2011 in Foto's, Suid-Afrika

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Blogfoto

Sonsondergang – Bontebokpark, Swellendam.
Fotograaf: Henri Cloete

 
3 Kommentaar

Posted by op 21/12/2010 in Foto's, Suid-Afrika

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Veilig terug!

Noudat die paaie in chaos (of nog groter chaos as gewoonlik) begin verval, is ons veilig terug op ons eie plek. Die toertjie was beplan met die oog daarop om die grootste vakansie stormloop asook die ergste hitte mis te loop. Daarom het ons vertrek nog voor die skole amptelik gesluit het (hoewel ek die indruk gekry het omtrent alle skole het nie-amptelik minstens ‘n week voor die tyd gesluit) en was ons roete meestal kuslangs. In albei opsigte was dit baie suksesvol, hoewel ek dink die deel van die hitte was meer geluk as wysheid! Ons het die grootste deel van die tyd in bewolkte weer gereis en feitlik nooit regtig warm gekry nie. Maar die Afrika-son moet ‘n mens nie onderskat nie – met ons tan is daar geen fout nie!
Ons het gekamp, gestap, geroei en uitgeval, potjie gemaak en gebraai, is deur muskiete aangeval, deur ape besteel, het nat wakker geword en opgepak in die reën en is net deur een speedie voorgekeer. Ons het baie gepraat en baie gelag en hier en daar effens kwaad geraak. Ons het ou bande met familie en vriende versterk, ons het die geliefde land in al sy glorie en broosheid gesien, en ons het veral die ongerief en blydskap beleef wat reën vir ‘n droogtegeteisterde land bring. Ons het oor goeie en slegte paaie gery, ons het vasgeval, ons het mekaar dikwels geirriteer en mekaar weer eens liefgekry. Boonop was ons bevoorreg om terug te kom na ‘n skoon huis, ‘n versorgde tuin en troeteldiere, en ‘n geliefde hond in top kondisie wat uit haar vel wil spring van blydskap om ons te sien.
Voorwaar geseënd. Ons is regtig diep dankbaar. (Oor die wasgoed swyg ons maar …)

 

Sleutelwoorde: , , ,

Blogfoto

Etosha, 2002

Fotograaf: S. Cloete Snr.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 20/11/2010 in Foto's, Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , ,

Blogfoto

Die foto is deur Ouboet geneem bokant die Oppdal-meer in Noorweë. Lieflike staproete, maar nie so mooi in Augustus soos in Junie/Julie wanneer daar nog baie sneeu is nie. Maar steeds ‘n treat met skoon en veilige roete, lieflike uitsig en stugge Noorweërs wat wonderlik vriendelik raak as hulle in die buitelug is.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 14/11/2010 in Foto's

 

Sleutelwoorde: , , , , ,