RSS

Tag Archives: fiksword

Fibromyalgia: ‘n Nuwe siekte van ons tyd?

Depressie word dikwels die siekte van ons tyd genoem, maar daar is heelwat ander wat ook kan kompeteer vir hierdie titel. Hiervan is fibrositis of fibromyalgia (ek sien allerhande verskillende spellings hiervan) sekerlik een.

Al hoe meer mense (almal waarvan ek weet, is vroue) word deesdae hiermee gediagnoseer. Ek het nie ‘n idee of daar ‘n toename in die toestand is, of dokters net meer bewus daarvan en ingelig daaroor is nie en of hulle dit maar net vir ons sê as hulle nie weet wat om verder met ons Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Dagboek van ‘n depressievegter: ‘n Klompie random gedagtes

Ek het hierdie vir ‘n vriendin saamgeflans – sommer ‘n klomp gedagtes wat uit my eie ondervinding spruit.
Ek plaas dit hier ook, vir ingeval iemand anders dit ook vanaand nodig het.

1. Stel vir jou die depressie as ‘n konkrete ding voor. ‘n Nare dier, of ‘n duiwel, of ‘n lelike gedrog met baie grypende arms, of wat ookal. Kry ‘n prentjie in jou kop – soek sommer op die internet.
Dan is dit makliker om jou voor te stel hoe om daarteen te veg.

2. Visualisasie kan ‘n magtige wapen wees. Ek het bv. aangeleer om as ek gedagtes aan die dood kry, ‘n groot rooi Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Hoekom wil die manne nie dokter toe gaan nie?

Sukkel jy om die man in jou lewe by die dokter te kry vir ‘n roetine ondersoek? Is jy self ‘n man en glo nog jy is invincible?
Hier is ‘n oulike nuwe forum om veral mans bo veertig in te lig oor gesondheidsorg. Die klem val op voorkoming en daar is baie interessante inligting.
http://www.beingsam.co.za/

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Terugblik … en verbasing

Hoe meer ek probeer om sistematies terug te dink, hoe meer besef ek wat ‘n ongelooflike jaar 2010 vir my was. So ongelooflik dat ek nou skrikkerig is vir 2011! Want beter kan dit amper nie … 🙂
Ek kon sonder veel moeite agtien positiewe dinge van 2010 neerskryf (OK, tik!). En ek het nie eens my volgehoue verwondering en blydskap oor die geslaagdheid van die sokker bygesit nie! Dis egter nommer 19 wat vir my die verrassing was. En die wonderlike kersie op die koek: Ek kan nie onthou dat ek in 2010 ooit regtig depro was nie. Down, ja. Bedonnerd, ja. Vol selftwyfel, ja. Eensaam – soms. Maar nooit lank genoeg of intens genoeg om oor te gaan in ‘n volbloed depressie nie. Ek dink dis die eerste keer in meer as Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Diabetes Bewussynsdag – 14 November

As dogtertjie het dokters al gesê dat ek voor staan in die ry om hierdie (behandelbare) siekte te kry. (Vandag wonder ek hoe akkuraat hul voorspelling was – dis darem baaaie lank gelede). Dit is dus met groot dankbaarheid dat ek nog die soetgoedjies waarvoor ek so lief is, kan geniet! Maar ek weet nie vir hoe lank nie …
Deur die jare het ek voorbeelde gesien van mense met Tipe 1 sowel as Tipe 2 diabetes wat dit getrou beheer en behandel (veral deur dieet) en ‘n lang en gelukkige lewe het. Ek sien egter ook mense wat die pilletjie sluk en dan voortgaan met hul lewe – onaktiwiteit, slegte eetgewoontes en rokery, de lot. Dit is vir my nogal onverstaanbaar, veral met al die nuwe inligting wat beskikbaar is oor hoe om lekker te eet as diabeet. Waarvan die belangrikste vir my lyk na die nut van lae GI-kosse, wat regtig baie lekker kan wees. Die dae van bloot alle suiker uit die dieet sny, klink vir my verby. En ek hoor ook van allerhande makliker maniere om die insulien toe te dien as bloot die inspuiting.
As ‘n mens mooi daarna kyk, kan die diagnose as diabeet ‘n geleentheid wees om van leefstyl te verander en voortaan ‘n lewe van hoër kwaliteit te lei. Dit lyk asof gereelde oefening en ‘n verstandige dieet vir baie Tipe 2 diabete genoeg kan wees om dit te beheer en dat medikasie dikwels glad nie nodig is nie. Ekself het ‘n yslike skrik gekry toe ek syfers lees oor met hoeveel persent jou kans op diabetes toeneem vir elke kilo wat jy oorgewig is!
In ‘n onlangse radioprogram was dit vir my opvallend hoeveel inbellers allerhande wonderbaarlike middels en boererate het waarin hulle glo, ipv die raad van dokters en dieetkundiges. Dit het my opnuut laat wonder oor die aard van die mens …
Anyway, ek hoop almal wat dit in die familie het, laat toets hulle gereeld. En almal wat ‘n bietjie onaktief en breed om die boude is, kom in die nuwe jaar aan die beweeg.
Nou gaan ek gou ietsie soet soek – solank ek kan …

 
 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Die vreugde van blogging

Die Romanzaskrywersblog (‘n geslote blog vir skrywers van romanses vir Lapa se Romanzareeks) was op 23 Oktober een jaar oud. Vir my sal dit nou altyd ‘n spesiale dag wees, want dit was deur my betrokkenheid by hierdie blog dat die wêreld van blogging vir my oopgegaan het. (En nee, ek weet nie van ‘n lekker Afrikaanse woord vir blogging nie). Tevore het ek wel my hand ‘n bietjie daaraan gewaag op Litnet se blogs, maar dit het my gou verveel. En gefrustreer agv die aardige taal wat op blogs gebesig word. Moet vir geen oomblik dink die mense wat by Litnet blog, kan (of wil) ordentlike Afrikaans skryf nie!
‘n Blog is natuurlik eintlik iets soos ‘n virtuele dagboek, ‘n plek vir mense om hul gedagtes (meestal anoniem) met ‘n wyer gehoor te deel. Die Skrywersblog is egter anders aangepak – ‘n hele groep mense met gedeelde belangstellings blog saam oor onderwerpe wat vir hulle van belang is. Daar is nie skuilname nie (behalwe sommiges se skrywersname) en ‘n hegte band is tussen ons klomp gevorm. Heelwat interessante ontmoetings tussen lede het al hieruit voortgekom, waarvan my ontmoeting in Leipzig met ‘n medeskrywer wat in Pole woon, seker die hoogtepunt was. Uit die skrywersblog het later ook die Romanzalesersblog (www.romanzalesers.wordpress.com) en die Skrywersontwikkelingblog (www.madelie.wordpress.com) ontstaan, wat jy gerus kan besoek. Dis vir my heerlik om aan hulle mee te werk en dis vir my ‘n baie kreatiewe ervaring.
Dit was dus ‘n logiese stap vir my om weer my hand te waag aan ‘n persoonlike blog. Maar hierdie keer nie as anonieme bieg- of skinderplek nie, maar veel eerder ‘n plek om my belangstellings en die dinge wat my lewe vol en ryk maak, met bekendes te deel. Wanneer vreemdes wel deesdae inval en kommentaar lewer, is dit vir my ‘n ekstra vreugde. Facebook is natuurlik ook ‘n lekker platform om ‘n blog aan te koppel en mense daarvan bewus te maak.
Die hele blogbesigheid het vanjaar my nie-skryftye gevul met skryfverwante aktiwiteit, wat my skrywery vir my meer soos ‘n regte, egte werk  laat voel (En nie soos iemand netnou weer vir my gesê het, iets om my besig te hou nie!!) en meewerk dat ek dit ook soos ‘n egte, regte werk hanteer.  Daarby het dit vir my ‘n handvol kosbare kollegas en vriendinne meegebring. En baaaaie pret!
Die volgende stappie was om internasionaal te gaan en in Engels te begin blog.  Hier kom my geliefde Springsteen weer eens tot my redding. Binne ‘n week het www.marilebetterdays.wordpress.com my in kontak gebring met ‘n wye verskeidenheid Springsteen fans, van Amerika tot Iran tot Amsterdam. En my laat besef dis ‘n baie goeie oefening om weer ‘n slag in Engels te probeer skryf. En my laat besef dis ‘n goeie platform om ook sommer ‘n lansie vir my land te breek. Wie weet wat volgende sal wees? Ek kan nie wag nie!
Ek lig ‘n glasie op nog baie blogjare!
PS. En hier loop ek sowaar ‘n lekker webwerf raak in die proses om ‘n prentjie te soek: http://www.bloggingteacher.com/ Die internet is ‘n amazing plek …
PPS. Ek weet nog nie presies wat is nou eintlik die verskil tussen ‘n webwerf en ‘n blog nie. Dit lyk of ‘n blog bloot ‘n interaktiewe webwerf is. Is ek reg? En ek vermoed dat blogs alreeds besig is om gewone webwerwe te vervang, juis as gevolg daarvan dat lesers so lekker op ‘n blog kan reageer. Dit is dus nie meer ‘n eenrigtinggesprek nie, maar kom van albei kante af.

 
Lewer kommentaar

Posted by op 26/10/2010 in Blogging, Inspirasie

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , , ,

Depression busters!

Met ‘n onlangse ontmoeting kon ek sien hoe ‘n kosbare vriendin stadig maar seker aan die opstaan is nadat sy die bodem hard geslaan het. Hier is ‘n paar van die waarhede wat sy al baasgeraak het of besig is om vordering mee te maak (en waaraan ek ook nog elke dag kliphard aan die leer is):
1. Iets wat jare geneem het om te ontwikkel, kan nie sommer so vinnig-vinnig herstel nie – dit gaan TYD neem.
2. As een of twee dinge in jou lewe verkeerd is, beteken dit nie dat ALLES nou meteens verkeerd is nie. Leer om die dinge wat REG is, ook raak te sien.
3. Soms (dikwels?) is medikasie NOODSAAKLIK. Maar dis nie die hele oplossing nie. Depressie het emosionele, geestelike en sosiale aspekte ook. En hulle moet ook aandag kry. Medikasie kan jou oplig, sodat jy die moed en krag het om aan die ander aspekte te werk.
4. Wanneer jy aan die veg is teen depresssie, dis dit nie ‘n goeie tyd om groot besluite te neem of groot take aan te pak nie.
5. Die vrees vir verwerping is waarskynlik die heel grootste menslike vrees. Amper alles wat ons doen, word gemotiveer deur daardie vrees. As ‘n mens dit aanvaar, verstaan jy jouself en ander mense dadelik ‘n bietjie beter.
6. Mense hoor dikwels nie wat jy vir hulle probeer sê nie. Aan die een kant is dit JOU verantwoordelikheid om so effektief en duidelik as moontlik te kommunikeer. Maar ‘n mens moet ook besef die ander persoon het ook sy eie vrese, persepsies, vooroordele en ervarings wat almal beinvloed HOE hy gaan hoor wat jy probeer sê.
7. NIEMAND kan dit VIR jou doen nie. Jyself moet volle verantwoordelikheid neem vir jou lewe. En dikwels het ons medikasie nodig om ons te help met krag en energie vir hierdie taak.
8. Die oomblik as jy ‘n las begin deel, word dit dadelik ‘n bietjie ligter. GEHEIMHOUDING WERK NIE!!! Sodra jy met jou vriendinne begin deel dat jy swaarkry, pille gebruik of dalk in die hospitaal was met depressie, begin hulle dikwels hul eie swaarkry met jou deel.
9. Oefening is goud werd vir depressielyers. Matig en rustig, soos jy kan. Jy hoef nie ‘n marathon te hardloop nie. Dankie tog!
10. Belonings WERK. As jy iets reg gedoen het (vergeet vir ‘n oomblik van alles wat jy verkeerd gedoen het!) – beloon jouself! Klein dingetjies, wat maklik uitvoerbaar is.
11. Terapie is noodsaaklik. Pille los nie die hele probleem op nie. SOEK tot jy ‘n terapeut kry by wie jy aansluiting vind. MOENIE sit en sukkel by iemand met wie jy nie regtig kan kommunikeer nie.
12. Gesonde eetgewoontes help werklik. Te veel trooskos troos op die lange duur glad nie.
13. Dis nie ‘n sonde om soms hulp te vra nie. Dis ook nie ‘n sonde om soms nee te sê nie.
14. Gelowiges kan ook depressief word. Dis nie sonde nie. Dis ook nie ‘n teken van ‘n swak geloof nie.
15.Wanneer ‘n depressielyer eers verander het in ‘n depressieVEGTER, kan dit net beter gaan!

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,

Kortverhaal: Nag van hoop

Hierdie storie verskyn in die nuutste Huisgenoot (9 Sept. 2010 – met Bobby van Jaarsveld op).

Die proses hoe ‘n storie gebore word, is vir my altyd interessant. By my is dit meestal verskillene los drade uit die werklikheid wat by mekaar uitkom. Dit is dan natuurlik die skrywer se voorreg om hierdie los drade bymekaar te vleg soos hy wil. Hierdie  storie se beginpunt is op ‘n vreeslike warm somerdag verlede jaar toe ons op Riviersonderend  stilgehou het en die sleutelepisode regtig by die kafee plaasgevind het. Dit was ook regtig besig om te brand bokant Franschhoek, so erg dat ons nie daarlangs kon ry nie, maar Sir Lowry’s Pas langs moes gaan. Die konneksie met ‘n parapleeg het gekom toe ek maande later vir navorsing vir Geur van vergifnis (my tweede liefdesroman wat DV volgende jaar verskyn) met die ma gesels het van die jongman wat ‘n paar jaar gelede verlam is toe ‘n manskoshuis op Stellenbosch afgebrand het. Die konneksie terug na vuur het gekom toe ek agterkom die reddingsdiens moes hom basies voor die vuur weggryp  om sy lewe te red, al het sy rug seergekry. En so het die punte vir my bymekaar gekom.

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , , , ,

Random gedagtes: O gaats, ek het vergeet …

Om ooglopende redes het ek onlangs ‘n boek oor geheue uitgeneem .. Achieving optimal memory deur Aaron P. Nelson van Harvard Mediese skool. Ek kan gelukkig rapporteer dat ek klaarblyklik nie oppad is om my breinfunksie te verloor nie, maar doodgewoon aan die oudword is!

Hy noem die volgende aspekte wat volgens navorsing wel deur ouderdom aangetas word:

  • Working memory – Your ability to hold and manipulate information in mind is reduced.
  • Processing speed – Ons word stadiger, wat veroorsaak dat ‘n mens bv. langer neem om op iemand se naam te kom.
  • Detail – ‘n Mens onthou minder detail van ‘n ervaring.
  • Declarative memory – wat ek nie so lekker verstaan nie … Maar dit het ook blykbaar te doen met die gesukkel om bv op ‘n naam te kom.
  • Source memory – Dit word moeiliker om te onthou waar en wanneer jy iets gehoor/ervaar het. Nou verstaan ek hoekom mense soms soveel tyd hieraan afstaan as hul ‘n storie aan die vertel is.
  • Multitasking – Dit word moeiliker om ‘n paar dinge tegelyk te doen.
  • Visuospatial processing – ‘n groot woord vir die vermoe om bv driedimensionele modelle te bou – iets wat ek nog nooit in my lewe kon doen nie!

Volgende keer gee ek ‘n lysie van die vermoens wat klaarblyklik feitlik onaangeraak bly deur die ouderdom – en glo my, dit lyk glad nie sleg nie, hoor. Daar is hoop …

(Ek lys so ‘n verskeidenheid tags hierbo omdat hulle – dinge soos oefening, oorgewig, dieet, slaap, depressie, bloeddruk, cholesterol, ens – almal volgens die slim dokter ‘n mens se geheue beinvloed)

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Aanstap …

Op hierdie toggie in die buiteland het ek weer eens agtergekom wat ‘n positiewe effek dit op my het om my een voet herhaaldelik voor die ander te sit … Ja, doodgewone stap.
Dis die goedkoopste manier om enige nuwe plek te verken. Dis die manier waarop jy die naaste aan die mense rondom jou kom. Jy kan die geure en kleure en klanke eerstehands ervaar. Jy kan daarop reageer as jy wil – of jy kan swyg en aanstap en maak of jy niks gewaar nie. (Terwyl jou antennatjies in werklikheid oortyd werk).
Stap maak ongelukkig nie juis maer nie (behalwe as jy dit regtig vreeslik ernstig opneem), maar dit help beslis keer dat die vetjies nie te vinnig aanpak nie. En dit maak ‘n mens definitief fiks genoeg om die lewe te geniet en beweeglik te bly wanneer die jare begin aanstap (no pun intended!). Daai ou storie van die endorfiene is definitief ook waar – die meeste buie verdamp vinnig voor ‘n lekker energieke stapsessie, verkieslik op ‘n mooi plek. Waarvan ons mos in SA genoeg het – net jammer die veiligheid is nie meer daar nie. En dis wat vir my die heerlikste is hier – ek stap op tye en plekke waar ek nooit in SA sou gekom het nie. En nee, nie die rooiligbuurt nie – eenvoudig in stappaadjies in die woude. Daar is vir my min lekkerder dinge.
Ek het hierdie keer nog ‘n lessie bygeleer: Kry vir jou ‘n MP3-speler. Laai musiek daarop wat vir JOU mooi is – en bogger die res! Dit werk veral goed hier waar nie juis ‘n voellewe is om te beluister nie. Dit help vir stadsverkeer ook. Oppas net vir die volume  – ons wil nie almal doof-doof in die ouetehuis beland nie!
Intussen: Laat waai!

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Wat het jy vandag nodig?

Vir die ses basiese menslike behoeftes (buiten dinge soos kos, skuiling en klere), lees gerus by die volgende skakel:

https://altacloete.wordpress.com/life-coaching-lewensafrigting/basiese-menslike-behoeftes/

Die goeie nuus is dat ‘n mens wanneer jy af voel, kan gaan sit en vasstel watter behoefte(s) word op daardie stadium nie bevredig nie. En dan iets daaraan kan DOEN.

Ja, regtig!

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , ,

Stap jou sorge weg …

Vir my weloorwoë mening oor stap as oefening en anti-depressant, kliek op hierdie skakel: https://altacloete.wordpress.com/stokperdjies/stap/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 06/05/2010 in Stap, Stokperdjies

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , ,

Wat is life coaching?

Lewensafrigting is ‘n manier om jou volle potensiaal te bereik. Dit word gedoen deur ‘n proses wat fokus op maniere om die denk- en gedragspatrone wat jou in die verlede teruggehou het, op te spoor en uit te wis.

‘n Mens word toegerus met spesifieke tegnieke wat reeds bewys het dat hul werk. Lewensafrigting is ‘n benadering wat op oplossings gemik is en kan ‘n mens help om blywende verandering te maak in enige area van jou lewe.

Begin jy elke lente oefen en teen Desember het jy alweer tou opgegooi?

Begin jy elke Januarie dieet en die volgende Januarie weeg jy meer as ooit?

Het jy ‘n droom om te skryf of ander skeppende werk te doen, maar jy kom net nie sover om dit uit te voer nie?

Verwag jy jou eerste baba en wil dinge graag op ‘n manier aanpak wat vir jou en jou wederhelfte gaan werk?

Beplan jy ‘n nuwe loopbaan?

Wil jy graag enige ander verandering in jou lewe aanbring?

Lewensafrigting is vir jou!

 
Lewer kommentaar

Posted by op 29/04/2010 in Uncategorized

 

Sleutelwoorde: , , , , , , ,