Tag Archives: feminisme

Gesoek: ‘n eietydse heldin

Princess.pngEk het onlangs weer ’n paar Afrikaanse liefdesverhale uit die jare sewentig van die vorige eeu deurgedraf.  Dit was ’n ervaring wat my ietwat gehawend gelaat het, hoewel daar ook (kortstondige) aha-oomblikke was.

Dit was egter nie net nag nie, dit was ook pret. Want mens kan steeds verstaan hoekom die ou hardeband-liefdesverhale vir ’n hele paar dekades Afrikaanse vroue (maar ook heelwat mans) aan die lees gehou het. Die dinge wat die leser in ’n lekker liefdestorie soek, was almal daar: ’n aantreklike held, ’n pragtige heldin, dikwels ’n eksotiese plek. En dan natuurlik die verpligte gelukkige einde. Wat destyds gewoonlik ’n (redelik) innige soen behels het.

Aan die ander kant was dit ’n frustrerende ervaring om die boeke te herlees. Eerstens kan mens sien hoe die taal intussen ontwikkel het. Nie almal sal dit as positief sien nie, maar vir my is die gemakliker, meer informele taal en selfs die invoeging van Engelse woorde wat ons deesdae kry, ’n teken van groei. Die vryer, losser taal is vir my bloot ’n weerspieëling van ons Lees voort Gesoek: ‘n eietydse heldin