RSS

Tag Archives: emigrasie

Ontmoet vir Karla …

Karla du Preez is ‘n bondel komplekse. Op die oog af lyk sy nie juis na ‘n geskikte hoofkarakter vir ‘n inspirerende liefdesroman nie.

Sy is pragtig, maar besef dit nie regtig nie (wat dalk ‘n goeie ding is – wie wil nou met ‘n windgat hoofkarakter opgeskeep sit?).

Sy is nie gewoond om haar emosies te wys nie, want in haar grootwordhuis word dit nie gedoen nie. Daar hou jy jou mond en doen jou werk. En oor die verlede karring jy glad nie. Maar nou sukkel sy om werklik met mense kontak te maak en voel sy dikwels afgesny en Read the rest of this entry »

 

Sleutelwoorde: , , , , , , , , , , ,

Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee – Ilse Salzwedel

Ons voorouers het oor die Drakensberge getrek toe dinge hulle nie meer aangestaan het nie. Deesdae trek mense oor landsgrense heen, maar vir meer as een rede – regstellende aksie, die resessie, misdaad, die liefde en beter geleenthede … Met hierdie boek wil ons weet waarom Suid-Afrikaners hulle hele lewe oppak om in ‘n ander, soms wildvreemde plek met wildvreemde kulture te gaan oorbegin. En natuurlik ook wat Suid-Afrikaners mis en of hulle dit weer sal doen. Die stories is plek-plek skreeusnaaks en baie interessant, en op ander plakke hartroerend eerlik.
Tot sover die agterbladteks van Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee. Die boek vertel die verhale van ‘n klomp baie uiteenlopende mense wat om baie uiteenlopende redes op baie uiteenlopende plekke gaan bly het. Party beplan om terug te kom, party wik en weeg, party sal nooit terugkom nie.
Wat my  sal bybly, is nie die avonture en die interessantheid van die mense Read the rest of this entry »

 
 

Sleutelwoorde: , , ,