RSS

Tag Archives: Christine Barkhuizen le Roux

Woordfees 2011: ‘n Potpourri van indrukke

Ek het ‘n waardevolle les geleer hierdie week: Moenie op Suid-Arikaanse paaie êrens heen probeer ry wanneer die helfte van die land ook êrens heen probeer ry nie. Obvious, nè? En daarby: Knap voor nege op ‘n Saterdagoggend wil heelwat minder van ons daardie onbereikbare êrens gaan opsoek as op enige tyd in die week. Ek het dus vanoggend rustig en kalm (en heerlik koel!) op Stellenbosch aangekom vir my laaste sarsie Woordfees-ervarings.
By Protea Boekwinkel het Deborah Steinmair met Annemarié van Niekerk gepraat oor haar boek Marike se laaste dans. Die Marike is natuurlik Marike de Klerk. Net, sy is eintlik ‘n spook. ‘n Baie prim en propper spook wat blykbaar heelwat losser Read the rest of this entry »

Advertisements
 
Lewer kommentaar

Posted by op 12/03/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , , , , , , , , , ,

Woordfees 2011: Vyf, nee ses, formidabele vroue

Die Boektent by die Woordfees is besig om ‘n mekka vir Afrikaanse skrywers te word. En dan veral ook vir nie-letterkundige skrywers. En hulle is mense wat maar dikwels aan die agterste speen drink, hoewel dit algemeen bekend is dat hulle verkope dikwels dié van die letterkundiges moet subsidieer. (Ja, ja, ek weet dis ‘n kontroversiële stelling – maar dis nie nou die punt nie! Ook nie die feit dat daar steeds deeglik Read the rest of this entry »

 
Lewer kommentaar

Posted by op 11/03/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , , , , , , ,

Padmaker – Christine Barkhuizen le Roux

‘n Besondere boek wat ek lank sal onthou. ‘n Boek oor ‘n vrou soos enigeen van ons se innerlike reis terwyl sy deur SA ry op die spoor van haar kinderjare as die kind van ‘n arm padskaperoperateur en ‘n komplekse ma wat verbete teen die armoede veg. Die belewing is eg, die beskrywings pragtig en die ontwikkeling van die hoofkarakter se insig in haar verdwene ma is oortuigend en roerend. As jy hou van verhale water dieper delf en nie skrik vir hartseer nie, is dit die boek vir jou. As jy net lus is vir ‘n ligte, plesierige ontsnapstorie – hou verby.
Vir meer detail, kyk by http://boekensie.wordpress.com/2011/01/15/padmaker-christine-barkhuizen-le-roux/

 
Lewer kommentaar

Posted by op 10/01/2011 in Boeke, Lees, Skrywers, Suid-Afrika

 

Sleutelwoordw: , , , ,

Topboeke van 2010

Hier is my lysie van werklik onvergeetlike boeke wat ek vanjaar gelees het. Vreemd dat hulle almal redelik onlangs oor my pad gekom het  … Dalk het ek maar net die laaste tyd weer met ekstra oop oë geloop om nie ‘n kosbare leeservaring mis te loop nie. En nee, ek het nie ‘n idee in watter volgorde om hulle te sit nie!

Papawers – Ingrid vander Veken
Vanishing Acts – Jodi Picoult
Padmaker – Christine Barkhuizen le Roux
Santa Gamka – Eben Venter

Resensies oor laasgenoemde twee volg binnekort. Die eerste twee is alreeds elders op die blog bespreek.

 
1 Kommentaar

Posted by op 29/12/2010 in Boeke, Lees, Skrywers

 

Sleutelwoordw: , , , , ,

Ingrid vander Veken – Papawers

Ingrid vander Veken is ‘n Nederlandse joernalis en skrywer van kinderboeke, drama en volwasse fiksie. Papawers is pragtig vertaal deur Christine Barhuizen le Roux, skrywer van o.a. Padmaker.

Papawers vertel die aangrypende verhaal van die verhouding van ‘n ma met haar stiefseun wat aan skisofrenie ly. Sy begin ‘n gesprek met hom in die hoop om hom en sy siekte te leer begryp, maar haar konfrontasie met die skimme in die seun se kop bring meer vrae as antwoorde. Uiteindelik verloor hy beheer en dobber hy al verder weg, terwyl sy twee ouerpare magteloos toekyk. Haar persoonlike en poëtiese relaas van dié tragiese reis verbreek die stilswye wat die samelewing lyers aan skisofrenie oplê. Dit is ‘n ontroerende verhaal wat inlig en meesleur, en die kompleksiteit van hierdie ongesteldheid kom in al sy verskriklikheid uit die verf.

Antjie Krog sê die volgende van die boek: Wie nog nie die pragtige opregte stem van Ingrid vander Veken beleef het nie, verbeur iets wonderliks. Ek ken geen ander skrywer in watter taal ook al met so ‘n oorrompelende empatiese stem nie. Dis ‘n onvergeetlike boek – jare nadat ek dit in ‘n vreemde woonstel in Antwerpen gelees het, staan alles nog glashelder voor my.

Dit was inderdaad vir my ‘n onvergeetlike boek. En ‘n welkome nuweling in my spesiale versameling van boeke wat ek nie wil afstaan nie, al neem hulle stadig maar seker al hoe meer plek in my klerekas in beslag. Normaalweg is ek baie versigtig vir vertalings. Dis eenvoudig so dat vertaalde werke vir my dikwels nie glad en vlot in Afrikaans lees nie. Maar hierdie een wérk vir my. Dit laat my ook besef ek moet maar vir Padmaker ook in die hande kry.
Die boek sal enige ma se hart diep raak, te meer omdat hy nie eens die skrywer se eie seun was nie. Die magteloosheid van die ouers, die gebreke in die mediese en maatskaplike stelsel (ja, ook in Europa gaan dinge nie altyd soos ‘n mens dit graag wil hê nie!), die lyding van skisofrene en hul gesinne, die onbegrip van die gemeenskap, die lewe in ‘n inrigting – dit alles en nog meer word helder vir die leser gebring. Maar dis nie ‘n neerdrukkende relaas nie, daarvoor sorg die empatiese stem waarvan Krog praat. Die boek laat jou met groot dankbaarheid na jou eie lewe vol nietige probleempies kyk … en veral na jou eie kinders, foute en al.
Maar op die ou end is dit die krag van ‘n ma (en selfs ‘n stiefma) se liefde wat hieruit die hardste met my gepraat het. Dis wat ek sal saamdra vorentoe.

 
1 Kommentaar

Posted by op 24/11/2010 in Boeke, Lees, Skrywers, Spanning, Stres

 

Sleutelwoordw: , , , , , ,